2019 Top Ten of Conflict for Mathematics

Pi
Die wiskundige konstante π (geskryf as "pi" wanneer die Griekse letter nie beskikbaar is nie, uitgespreek "pie") word algemeen in wiskunde en fisika gebruik. In Euclidiese meetkunde word π gedefinieer as óf die verhouding van 'n sirkel se omtrek tot sy deursnit, óf as die oppervlakte van 'n sirkel van radius 1 (die eenheidsirkel). Die meeste moderne handboeke definieer π analities deur trigonometriese funksies te gebruik, soos bv. as die kleinste positiewe x waarvoor sin(x) = 0, of twee maal die
Pariteit
'n Getal se pariteit dui aan of dit 'n ewe of onewe getal is. Ewe getalle is heelgetalle wat deelbaar is deur twee. Onewe getalle is die teenoorgestelde, naamlik, hulle is nie presies deelbaar deur twee nie
Wiskunde
Wiskunde word algemeen gedefinieer as die studie van patrone in strukture, verandering en ruimte; meer informeel gestel, kan 'n mens sê dat dit die studie van "getalle en syfers" is. Uit die formele oogpunt gesien is dit die ondersoek van aksiomaties gedefinieerde abstrakte strukture deur gebruik te maak van simboliese logika en wiskundige notasie; ander uitgangspunte word in die filosofie van wiskunde bespreek. Wiskunde kan gesien word as 'n eenvoudige uitbreiding van gesproke en geskrewe tale, met 'n
Miljard
Miljard is die woord wat in Afrikaans en die meeste Europese lande gebruik word vir duisend miljoen of 1 000 000 000 (109). In Engels word dié getal billion genoem, wat nie met die Afrikaanse woord biljoen verwar moet word nie. ’n Biljoen is duisend miljard of 1 000 000 000 000 (1012
Pythagoras se stelling
Pythagoras se Stelling is 'n wiskundige stelling wat vernoem is na die Griekse wiskundige, Pythagoras. Volgens tradisie het Pythagoras die stelling ontdek en bewys, maar die stelling se resultaat was voor Pythagoras se ontdekking aan verskeie antieke bevolkings bekend, waaronder die Egiptenare en die Indiërs
Ligsnelheid
Die ligsnelheid, of spoed van lig, is 3×108 m·s-1 of 299 792 458 meter per sekonde in 'n vakuum en word uitgedruk as c. Wanneer lig deur 'n digter medium beweeg, byvoorbeeld glas of optiese vesel, verlaag die ligsnelheid en die verskynsel veroorsaak ligbreking of refraksie
Getal
'n Getal is 'n aantal of hoeveelheid wat in 'n syfer, of 'n reeks daarvan, uitgedruk word. Getalle kan ook in woorde uitgedruk word, soos een, twee, drie,.... Getalle word gebruik om mee te tel en om somme mee uit te werk
Parallelogram
'n Parallelogram is 'n vierhoek waarvan twee paar teenoorgestelde sye parralel loop. Dit is verwant aan 'n trapesium, maar 'n trapesium is 'n vierhoek waarvan ten minste een paar teenoorgestelde sye parallel loop
Funksie
In wiskunde druk 'n funksie 'n afhanklikheid van een element in terme van 'n ander uit. Gewoonlik word die begrip gebruik in die tradisionele konteks waar die elemente getalle is. 'n Funksie f is dus 'n afbeelding van getalle wat voorskryf wat die funksiewaarde f(x) is in terme van die argument x. Die funksie f(x) = 2x bepaal byvoorbeeld dat vir elke reële getal x die funksiewaarde f(x)=2x dubbel die getal x is
Hoogte
Die hoogte van 'n voorwerp is die vertikale afstand tussen die laagste en die hoogste punte van die voorwerp