2006 Top Ten of Conflict for Mathematics

Statistiek
Statistiek word meermale beskryf as die wetenskap wat met die insameling en ontleding van data (waarnemings) te make het, asook met die maak van gevolgtrekkings en die neem van besluite op grond van dié ontledings. Dit is gebaseer op statistiese teorie wat 'n vertakking is van toegepaste wiskunde. In statistiese teorie word willekeurigheid en onsekerheid gemodelleer deur van waarskynlikheidsleer gebruik te maak. Die beoefening van statistiek behels die beplanning, opsomming en interpretasie van sekere
Pythagoras se stelling
Pythagoras se Stelling is 'n wiskundige stelling wat vernoem is na die Griekse wiskundige, Pythagoras. Volgens tradisie het Pythagoras die stelling ontdek en bewys, maar die stelling se resultaat was voor Pythagoras se ontdekking aan verskeie antieke bevolkings bekend, waaronder die Egiptenare en die Indiërs
Operasionele navorsing
Operasionele navorsing (ON) is 'n multi-dissiplinêre wiskundige wetenskap wat nou verband hou met die statistiek wat hom uitgee daarvoor dat hy oplossings soek vir komplekse probleme in die werklike wêreld deur "die wetenskaplike metode" te gebruik. Vroeë definisies dateer uit die Tweede Wêreldoorlog toe wetenskaplikes uit verskillende dissiplines in meerdissiplinêre spanne saamgetrek is om "operasionele" probleme te bestudeer en oplossings aan die hand te doen. By gebrek aan bestaande metodes en
Heelgetal
Die versameling van heelgetalle sluit in negatiewe en positiewe getalle wat geen breukdeel het nie. So is 1 'n heelgetal maar 1,01 is nie. Laasgenoemde is 'n reële getal
Wiskunde
Wiskunde word algemeen gedefinieer as die studie van patrone in strukture, verandering en ruimte; meer informeel gestel, kan 'n mens sê dat dit die studie van "getalle en syfers" is. Uit die formele oogpunt gesien is dit die ondersoek van aksiomaties gedefinieerde abstrakte strukture deur gebruik te maak van simboliese logika en wiskundige notasie; ander uitgangspunte word in die filosofie van wiskunde bespreek. Wiskunde kan gesien word as 'n eenvoudige uitbreiding van gesproke en geskrewe tale, met 'n
Ervaringskromme
Kardioïed
In meetkunde is die kardioïed 'n episikloïed wat een en slegs een punt het. Dit wil sê 'n kardioïed is 'n kromme wat as 'n lokus geprodusseer kan word — as een sirkel rondom 'n ander identiese sirkel rol, vorm die pad van 'n punt op die omtrek van die rollende sirkel 'n kardioïed
Poolkoördinatestelsel
In wiskunde is die poolkoördinatestelsel, of poolkoördinaatstelsel, 'n twee-dimensionele koördinatestelsel waarin punte aangegee word deur 'n hoek en 'n afstand. Die poolkoördinatestelsel word in baie velde gebruik insluitend wiskunde, fisika, ingenieurswese, navigasie en robotika. Dit is veral nuttig in omstandighede waar die verhouding tussen twee punte geredelik in terme van hoeke en afstande bepaal kan word; in die Cartesiese koördinatestelsel kan sulke verhoudings slegs deur trigonometriese
SI-stelsel
Die internasionale eenheidstelsel is die mees gebruikte stelsel van eenhede in die wêreld. Dit word in alledaagse handel gebruik in byna elke land buiten die Verenigde State, Liberië en Mianmar en word ook wêreldwyd gebruik vir wetenskaplike en ingenieurswerk. In 1960, is SI gekies as die beste sub-stel van die bestaande meter-kilogram-sekonde (MKS) stelsel van eenhede eerder as die ouer sentimeter-gram-sekonde (CGS) eenheidstelsel. Verskeie nuwe eenhede is later bygevoeg. Daar word soms na die SI
Algebra
Algebra, of stelkunde, is die afdeling van wiskunde waar simbole gebruik word om strukture te beskryf en die verhoudings daartussen aan te dui. Klassieke algebra het uit die algemene metode van die oplos van vergelykings gekom. Hierin kom getalle en simbole voor wat bewerk word met maal, deel, optel en aftrek, asook ander bewerkings soos magte en magswortels. Die Noorse wiskundige Niels Henrik Abel bewys egter in 1824 dat polinome met graad vyf of hoër nie deur eksplisiete formules opgelos kan word nie