2019 Top Ten of Polemic for Mathematics

Hoogte
Die hoogte van 'n voorwerp is die vertikale afstand tussen die laagste en die hoogste punte van die voorwerp
Pi
Die wiskundige konstante π (geskryf as "pi" wanneer die Griekse letter nie beskikbaar is nie, uitgespreek "pie") word algemeen in wiskunde en fisika gebruik. In Euclidiese meetkunde word π gedefinieer as óf die verhouding van 'n sirkel se omtrek tot sy deursnit, óf as die oppervlakte van 'n sirkel van radius 1 (die eenheidsirkel). Die meeste moderne handboeke definieer π analities deur trigonometriese funksies te gebruik, soos bv. as die kleinste positiewe x waarvoor sin(x) = 0, of twee maal die
Eienskappe van binêre bewerkings
Die artikel bespreek die eienskappe van binêre bewerkings
Persentasie
Die woord "persent" beteken "uit 100" of "per 100". In wiskunde is 'n persentasie enige reële getal uitgedruk as 'n breukdeel van 100. Dit word tipies as sodanig aangedui deur toevoeging van die persentteken, "%". Persentasies is byvoorbeeld nuttig om die verskil of verhouding tussen twee meetbare hoeveelhede, of die verandering in een meetbare hoeveelheid aan te dui. 'n Verskil tussen twee persentasies word dikwels in persentasie- of basispunte aangedui, en dié is weereens nuttig waar verandering ter
Getal
'n Getal is 'n aantal of hoeveelheid wat in 'n syfer, of 'n reeks daarvan, uitgedruk word. Getalle kan ook in woorde uitgedruk word, soos een, twee, drie,.... Getalle word gebruik om mee te tel en om somme mee uit te werk
Pariteit
'n Getal se pariteit dui aan of dit 'n ewe of onewe getal is. Ewe getalle is heelgetalle wat deelbaar is deur twee. Onewe getalle is die teenoorgestelde, naamlik, hulle is nie presies deelbaar deur twee nie
Meetkundige begrippe
Die volgende artikel bespreek die onderskeie belangrike begrippe in die meetkundige veld van wiskunde
Miljard
Miljard is die woord wat in Afrikaans en die meeste Europese lande gebruik word vir duisend miljoen of 1 000 000 000 (109). In Engels word dié getal billion genoem, wat nie met die Afrikaanse woord biljoen verwar moet word nie. ’n Biljoen is duisend miljard of 1 000 000 000 000 (1012
Wiskundige terminologie
'n Groot aantal tegniese woorde en terme word in wiskunde ingespan. Die terme verskyn dikwels in woordsomme, lesings en in die gedrukte media. Baie van hierdie woorde is algemene Afrikaanse terme, maar kan 'n meer spesifieke, nie-ooglopende betekenis hê wanneer dit in 'n wiskundige konteks gebruik word
Platoniese vaste liggaam
'n Platoniese vaste liggaam is 'n konvekse vaste liggaam wat se oppervlak uit identiese reëlmatige veelhoeke bestaan. Daar is vyf sulke liggame – die tetraëder, heksaëder, oktaëder, dodekaëder en die ikosaëder. Hierdie liggame word al vanaf antieke tye bestudeer