2019 Top Ten of Conflict for Society
- Argeologie
- Argeologie of oudheidkunde is die studie van menslike kulture deur die herwinning, dokumentering en analise van materiële oorblyfsels, insluitende argitektuur, kunsprodukte, oorblyfsels van lewende organismes insluitend menslike oorblyfsels en die studie van die landskap waarin die mense gewoon het. Die doel van argeologie is om lig te werp op die langtermyn voorgeskiedenis, geskiedenis, gedragspatrone en kulturele ewolusie van die mens. Dit is die enigste vakgebied wat die metodiek beskryf vir die
- Kenteken
- 'n Kenteken is 'n grafiese merk, embleem, of simbool wat algemeen gebruik word deur kommersiële ondernemings, organisasies en selfs individue om te help met openbare herkenning. 'n Kenteken kan bestaan uit óf suiwer grafiese embleme of is saamgestel uit die naam van die organisasie of 'n afkorting daarvan
- Tuisblad/Vakgebiede/Samelewing
- Samelewing
Besigheid • Ekonomie • Krieket • Politiek • Rugby • Sport • Vlae en wapens
- Trappe van vergelyking
- Trappe van vergelyking is vorme van byvoeglike naamwoorde of bywoorde. 'n Byvoeglike naamwoord in Afrikaans kan drie vorme aanneem om die sterkte van die naamwoord aan te dui. As voorbeeld kan 'n voorwerp as groot, nog groter of as die heel grootste beskryf word. Soortgelyk kan 'n partytjie as lekker, nog lekkerder of as die heel lekkerste beskryf word
- Verkleinwoord
- 'n Verkleinwoord is 'n vorm van 'n woord wat dui op 'n kleiner vorm van 'n voorwerp. Dit word gevolglik hoofsaaklik met selfstandige naamwoorde gebruik, maar ander woorde kan ook verklein word. Verkleiningsvorme het soms 'n figuurlike, simpatieke, sarkastiese of eufemistiese betekenis, en word ook soms vir troetelname gebruik
- Hoërskool Kempton Park
- Hoërskool Kempton Park is ’n openbare, Afrikaansmedium- sekondêre skool in Kemptonpark in Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit in Gauteng, Suid-Afrika
- Europese Unie
- Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie en is die de facto opvolger van die ses-ledige Europese Ekonomiese Gemeenskap wat in 1957 gestig is
- Slawerny in Suid-Afrika
- Slawerny was algemeen in Suid-Afrika tot en met die afskaffing daarvan in 1834
- African National Congress
- Die African National Congress (ANC) is 'n bevrydingsorganisasie en politieke party wat Suid-Afrika sedert die land se eerste nie-rassige, demokratiese nasionale verkiesing van April 1994 regeer. Dié party is in 1912 in Bloemfontein as die South African Native National Congress (SANNC) gestig en was jare lank 'n verbode organisasie in Suid-Afrika. Die huidige naam is in 1923 aanvaar
- Afkorting
- 'n Afkorting, in skriftelike taalgebruik, is 'n verkorte skryfwyse vir 'n woord, woordgroep, naam of ander 'n aanduiding. Die woord afkorting is 'n versamelbegrip vir verskeie kategorieë; in alle gevalle is die ooreenkoms egter dat een of meer letters in die skryfwyse weggelaat word