2019 Top Ten of Conflict for Technology
- Google
- Google LLC is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins, wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak
- IP-adres
- 'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internetprotokol bestuur hierdie kommunikasie
- Kunsmatige intelligensie
- Kunsmatige intelligensie (KI) is die intelligensie wat 'n masjien of sagteware tentoonstel. Dit is 'n akademiese studieveld wat poog om menslike intelligensie kunsmatig te skep. KI-navorsers en -handboeke definieer dit as "die studie en ontwerp van intelligente agente", waar 'n intelligente agent 'n stelsel is wat sy omgewing waarneem en aksies neem wat sy kanse op sukses vergroot. Voorbeeldtake waarin dit gedoen word, sluit in spraakherkenning, rekenaarvisie, vertaling tussen (natuurlike) tale, asook
- Facebook
- Facebook is die wêreld se grootste en aktiefste sosiale netwerkwebwerf. Teen Oktober 2012 het dit meer as een miljard gebruikers gehad, en meer as die helfte van hulle gebruik die mobiele weergawe van die webblad. Facebook is in meer as twintig tale beskikbaar, waaronder Afrikaans. Die gebruik van Facebook is gratis. Nadat 'n gebruiker geregistreer is mag hy 'n persoonlike profiel skep, ander mense bevriend en boodskappe uitwissel. Daar is ook 'n reeks toepassings, soos byvoorbeeld speletjies of
- Tuisblad/Vakgebiede/Tegnologie
- Tegnologie
Elektronika • Fotografie • Inligtingstegnologie • Klanktegnologie
- Rekenaar
- 'n Rekenaar is enige toestel wat gebruik word om data volgens 'n goed gedefinieerde prosedure te verwerk. Die term word tans algemeen gebruik om na digitale rekenaars te verwys
- Data
- Data verwys na gegewens, wat byvoorbeeld mates, waarnemings en veranderlikes insluit. Data-elemente kan bestaan uit getalle, woorde of beelde
- WhatsApp
- WhatsApp is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie. Benewens kort teksboodskappe (SMS'e), kan gebruikers beelde, videogrepe en klankboodskappe aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies
- Koekie (rekenaarwetenskap)
- In rekenaarkunde is 'n koekie 'n simbool of 'n klein datapakkie wat tussen kommunikerende programme gestuur word. Die inhoud is onduidelik of betekenisloos vir die ontvanger, maar word geïnterpreteer as dit teruggestuur word aan die aanvanklike sender op 'n latere stadium. Die koekie kan gebruik word as 'n kaartjie; om 'n spesifieke gebeurtenis of transaksie te identifiseer
- HTTPS
- Hypertext Transfer Protocol over Secure Socket Layer oftewel HTTPS is 'n URI-skema wat gebruik word om aan te dui dat 'n veilige HTTP-verbinding gemaak is. Dit is sintakties identies aan die http:// skema wat gewoonlik gebruik word om toegang tot hulpbronne te verkry deur die HTTP-protokol. Deur die https: URL te gebruik word aangedui dat die HTTP protokol gebruik moet word maar dat 'n ander TCP-poort (443) by verstek gebruik moet word en dat 'n bykomende laag tussen die HTTP en TCP-protokol ingevoeg moet