All Time Top Ten of Conflict for Mathematics

Pi
Die wiskundige konstante π (geskryf as "pi" wanneer die Griekse letter nie beskikbaar is nie, uitgespreek "pie") word algemeen in wiskunde en fisika gebruik. In Euclidiese meetkunde word π gedefinieer as óf die verhouding van 'n sirkel se omtrek tot sy deursnit, óf as die oppervlakte van 'n sirkel van radius 1 (die eenheidsirkel). Die meeste moderne handboeke definieer π analities deur trigonometriese funksies te gebruik, soos bv. as die kleinste positiewe x waarvoor sin(x) = 0, of twee maal die
Wiskunde
Wiskunde word algemeen gedefinieer as die studie van patrone in strukture, verandering en ruimte; meer informeel gestel, kan 'n mens sê dat dit die studie van "getalle en syfers" is. Uit die formele oogpunt gesien is dit die ondersoek van aksiomaties gedefinieerde abstrakte strukture deur gebruik te maak van simboliese logika en wiskundige notasie; ander uitgangspunte word in die filosofie van wiskunde bespreek. Wiskunde kan gesien word as 'n eenvoudige uitbreiding van gesproke en geskrewe tale, met 'n
SI-stelsel
Die internasionale eenheidstelsel is die mees gebruikte stelsel van eenhede in die wêreld. Dit word in alledaagse handel gebruik in byna elke land buiten die Verenigde State, Liberië en Mianmar en word ook wêreldwyd gebruik vir wetenskaplike en ingenieurswerk. In 1960, is SI gekies as die beste sub-stel van die bestaande meter-kilogram-sekonde (MKS) stelsel van eenhede eerder as die ouer sentimeter-gram-sekonde (CGS) eenheidstelsel. Verskeie nuwe eenhede is later bygevoeg. Daar word soms na die SI
Pythagoras se stelling
Pythagoras se Stelling is 'n wiskundige stelling wat vernoem is na die Griekse wiskundige, Pythagoras. Volgens tradisie het Pythagoras die stelling ontdek en bewys, maar die stelling se resultaat was voor Pythagoras se ontdekking aan verskeie antieke bevolkings bekend, waaronder die Egiptenare en die Indiërs
Oppervlakte
Oppervlakte of area is die grootheidsuitdrukking van 'n tweedimensionele grootte van 'n gedefinieerde deel van 'n oppervlakte, tipies 'n gebied begrens deur 'n geslote kromme. Die term oppervlakte area verwys na die totale area van die ontblote oppervlaktes in 'n driedimensionele ruimteliggaam, soos die som van die areas van die ontblote kante van 'n poliëder (veelvlak). Die oppervlakte, simbool: A, dui die grootte van 'n tweedimensionele gebied aan. Die term oppervlakte word ook dikwels gebruik om die
Punt (meetkunde)
In Meetkunde is 'n punt 'n 0-dimensionele wiskundige voorwerp wat in 'n n-dimensionele ruimte deur n koördinate gespesifiseer kan word. Dit definieer dus 'n presiese ligging in ruimte en het geen volume, oppervlak of lengte nie. Punte word as 'n basiese element in die taal van meetkunde, fisika, vektorgrafika en talle ander velde gebruik. Die basiese meetkundige strukture in hoër dimensies – die lyn, vlak, ruimte en hiperruimte – word deur oneindige aantal punte wat op spesifieke maniere gerangskik
Getal
'n Getal is 'n aantal of hoeveelheid wat in 'n syfer, of 'n reeks daarvan, uitgedruk word. Getalle kan ook in woorde uitgedruk word, soos een, twee, drie,.... Getalle word gebruik om mee te tel en om somme mee uit te werk
Natuurlike getal
Natuurlike getalle is 'n versameling van getalle in wiskunde wat vir tel en rangskikking gebruik word. Sommige bronne definieer die natuurlike getalle as die versameling van nie-negatiewe heelgetalle 0, 1, 2, 3, …, terwyl ander bronne dit as die versameling van positiewe heelgetalle 1, 2, 3, … definieer. Selfs ander bronne verskaf beide definisies; onderskeid word dan tussen die twee definisies getref deur middel van notasie, byvoorbeeld ℕ0 vir die nie-negatiewe heelgetalle en ℕ+ vir die positiewe
Statistiek
Statistiek word meermale beskryf as die wetenskap wat met die insameling en ontleding van data (waarnemings) te make het, asook met die maak van gevolgtrekkings en die neem van besluite op grond van dié ontledings. Dit is gebaseer op statistiese teorie wat 'n vertakking is van toegepaste wiskunde. In statistiese teorie word willekeurigheid en onsekerheid gemodelleer deur van waarskynlikheidsleer gebruik te maak. Die beoefening van statistiek behels die beplanning, opsomming en interpretasie van sekere
Vierkante kilometer
Vierkante kilometer is 'n SI-eenheid vir oppervlak. Dit is 'n afgeleide SI-eenheid, en is gelyk aan:die oppervlakte van 'n vierkant met sye wat elk een kilometer lank is 1 000 000 m² 100 hektaar 0,386 102 vierkante myl (landmyl) 247,105381