2020 Top Ten of Conflict for Mathematics

Skrikkeljaar
'n Skrikkeljaar is 'n jaar wat 'n ekstra dag bevat om die kalenderjaar te sinkroniseer met die astronomiese jaar. Seisoengebeure en astronomiese gebeure herhaal nie op 'n presiese aantal dae nie, met die gevolg dat 'n kalender met dieselfde aantal dae vir elke jaar geleidelik sal verskuif ten opsigte van die gebeurtenis waarmee dit moet ooreenstem. Deur by geleentheid 'n ekstra dag of maand in die jaar by te voeg, kan hierdie verskuiwing gekorrigeer word
Vierkante kilometer
Vierkante kilometer is 'n SI-eenheid vir oppervlak. Dit is 'n afgeleide SI-eenheid, en is gelyk aan:die oppervlakte van 'n vierkant met sye wat elk een kilometer lank is 1 000 000 m² 100 hektaar 0,386 102 vierkante myl (landmyl) 247,105381
Pi
Die wiskundige konstante π (geskryf as "pi" wanneer die Griekse letter nie beskikbaar is nie, uitgespreek "pie") word algemeen in wiskunde en fisika gebruik. In Euclidiese meetkunde word π gedefinieer as óf die verhouding van 'n sirkel se omtrek tot sy deursnit, óf as die oppervlakte van 'n sirkel van radius 1 (die eenheidsirkel). Die meeste moderne handboeke definieer π analities deur trigonometriese funksies te gebruik, soos bv. as die kleinste positiewe x waarvoor sin(x) = 0, of twee maal die
SI-stelsel
Die internasionale eenheidstelsel is die mees gebruikte stelsel van eenhede in die wêreld. Dit word in alledaagse handel gebruik in byna elke land buiten die Verenigde State, Liberië en Mianmar en word ook wêreldwyd gebruik vir wetenskaplike en ingenieurswerk. In 1960, is SI gekies as die beste sub-stel van die bestaande meter-kilogram-sekonde (MKS) stelsel van eenhede eerder as die ouer sentimeter-gram-sekonde (CGS) eenheidstelsel. Verskeie nuwe eenhede is later bygevoeg. Daar word soms na die SI
Jaar
’n Jaar is die relatiewe eenheid van tyd wat die tydperk beskryf waarin ’n planeet om sy ster wentel. In algemene taalgebruik is dit die tyd waarin die Aarde een maal om die Son wentel
Risiko
Risiko is die kans dat 'n gebeurtenis sal plaasvind vermenigvuldig met die gevolg van daardie gebeurtenis en die kans dat 'n bepaalde scenario waar die vroeër genoemde kans sal plaasvind in voorkom. Die gevolge kan positief of negatief wees. Meestal word die begrip egter in die negatiewe sin gebruik. Die risiko is ook die blootstelling vermenigvuldig met die gevolg en die waarskynlikheid. By die laaste gaan dit vernaamlik oor langdurige prosesse en by die eerste definisie gaan dit meer oor skielike
Natuurlike getal
Natuurlike getalle is 'n versameling van getalle in wiskunde wat vir tel en rangskikking gebruik word. Sommige bronne definieer die natuurlike getalle as die versameling van nie-negatiewe heelgetalle 0, 1, 2, 3, …, terwyl ander bronne dit as die versameling van positiewe heelgetalle 1, 2, 3, … definieer. Selfs ander bronne verskaf beide definisies; onderskeid word dan tussen die twee definisies getref deur middel van notasie, byvoorbeeld ℕ0 vir die nie-negatiewe heelgetalle en ℕ+ vir die positiewe
Poolkoördinatestelsel
In wiskunde is die poolkoördinatestelsel, of poolkoördinaatstelsel, 'n twee-dimensionele koördinatestelsel waarin punte aangegee word deur 'n hoek en 'n afstand. Die poolkoördinatestelsel word in baie velde gebruik insluitend wiskunde, fisika, ingenieurswese, navigasie en robotika. Dit is veral nuttig in omstandighede waar die verhouding tussen twee punte geredelik in terme van hoeke en afstande bepaal kan word; in die Cartesiese koördinatestelsel kan sulke verhoudings slegs deur trigonometriese
Publiekesleutelkriptografie
Publiekesleutelkriptografie (PSK), wat ook bekend staan as asimmetriesekriptografie, is 'n vorm van kriptografie waar 'n gebruiker 'n kriptografiese sleutelpaar het, naamlik 'n publieke sleutel en 'n private sleutel. Die idee is dat die private sleutel ten alle tye geheim gehou word en dus slegs aan een entiteit behoort en slegs daardie entiteit het toegang tot die private sleutel. Die publieke sleutel, aan die ander kant, kan vrylik versprei word maar tipies slegs aan die relevant partye. Hierdie twee
Hektaar
'n Hektaar is 'n meeteenheid van oppervlakte, gelyk aan 10 000 vierkante meter, wat veral gebruik word om grondgebied te meet. 'n Vierkant van een hektaar se sye is 100 meter lank. Die naam hektaar kom van die Griekse voorsetsel hekto vir 100 en die eenheid aar. 'n Hektaar is 100 are of 'n vierkante hektometer. Die aar was die basiseenheid vir oppervlakte en was een van die oorspronklike vyf eenhede van die metrieke stelsel wat in 1795 deur die Franse opgestel is