2018 Top Ten of Conflict for Mathematics
- Risiko
- Risiko is die kans dat 'n gebeurtenis sal plaasvind vermenigvuldig met die gevolg van daardie gebeurtenis en die kans dat 'n bepaalde scenario waar die vroeër genoemde kans sal plaasvind in voorkom. Die gevolge kan positief of negatief wees. Meestal word die begrip egter in die negatiewe sin gebruik. Die risiko is ook die blootstelling vermenigvuldig met die gevolg en die waarskynlikheid. By die laaste gaan dit vernaamlik oor langdurige prosesse en by die eerste definisie gaan dit meer oor skielike
- Getal
- 'n Getal is 'n aantal of hoeveelheid wat in 'n syfer, of 'n reeks daarvan, uitgedruk word. Getalle kan ook in woorde uitgedruk word, soos een, twee, drie,.... Getalle word gebruik om mee te tel en om somme mee uit te werk
- Oppervlakte
- Oppervlakte of area is die grootheidsuitdrukking van 'n tweedimensionele grootte van 'n gedefinieerde deel van 'n oppervlakte, tipies 'n gebied begrens deur 'n geslote kromme. Die term oppervlakte area verwys na die totale area van die ontblote oppervlaktes in 'n driedimensionele ruimteliggaam, soos die som van die areas van die ontblote kante van 'n poliëder (veelvlak). Die oppervlakte, simbool: A, dui die grootte van 'n tweedimensionele gebied aan. Die term oppervlakte word ook dikwels gebruik om die
- SI-stelsel
- Die internasionale eenheidstelsel is die mees gebruikte stelsel van eenhede in die wêreld. Dit word in alledaagse handel gebruik in byna elke land buiten die Verenigde State, Liberië en Mianmar en word ook wêreldwyd gebruik vir wetenskaplike en ingenieurswerk. In 1960, is SI gekies as die beste sub-stel van die bestaande meter-kilogram-sekonde (MKS) stelsel van eenhede eerder as die ouer sentimeter-gram-sekonde (CGS) eenheidstelsel. Verskeie nuwe eenhede is later bygevoeg. Daar word soms na die SI
- Pythagoras se stelling
- Pythagoras se Stelling is 'n wiskundige stelling wat vernoem is na die Griekse wiskundige, Pythagoras. Volgens tradisie het Pythagoras die stelling ontdek en bewys, maar die stelling se resultaat was voor Pythagoras se ontdekking aan verskeie antieke bevolkings bekend, waaronder die Egiptenare en die Indiërs
- Magsverheffing
- Magsverheffing is 'n wiskundige bewerking, waarby 'n getal herhaaldelik met homself vermenigvuldig word. Die grondtal x verhef tot die mag n word genoteer as xn wat beteken
- Pi
- Die wiskundige konstante π (geskryf as "pi" wanneer die Griekse letter nie beskikbaar is nie, uitgespreek "pie") word algemeen in wiskunde en fisika gebruik. In Euclidiese meetkunde word π gedefinieer as óf die verhouding van 'n sirkel se omtrek tot sy deursnit, óf as die oppervlakte van 'n sirkel van radius 1 (die eenheidsirkel). Die meeste moderne handboeke definieer π analities deur trigonometriese funksies te gebruik, soos bv. as die kleinste positiewe x waarvoor sin(x) = 0, of twee maal die
- Verborge Markovmodel
- 'n Verborge Markovmodel (VMM) (Engels: Hidden Markov model (HMM)) is 'n statistiese model waar daar aangeneem word dat die stelsel wat gemodelleer word
'n Markovproses met onbekende parameters is, en die uitdaging is om die verborge parameters, uit waarneembare parameter gegrond op aannames te bepaal, gegrond op die aannames. Die modelparameters wat onttrek word kan gebruik word om verdere analise te doen in byvoorbeeld patroonherkenningtoepassings
- Algebra
- Algebra, of stelkunde, is die afdeling van wiskunde waar simbole gebruik word om strukture te beskryf en die verhoudings daartussen aan te dui. Klassieke algebra het uit die algemene metode van die oplos van vergelykings gekom. Hierin kom getalle en simbole voor wat bewerk word met maal, deel, optel en aftrek, asook ander bewerkings soos magte en magswortels. Die Noorse wiskundige Niels Henrik Abel bewys egter in 1824 dat polinome met graad vyf of hoër nie deur eksplisiete formules opgelos kan word nie
- Eeu
- 'n Eeu is 'n periode van een-honderd (100) jaar