Miljard
Miljard is die woord wat in Afrikaans en die meeste Europese lande gebruik word vir duisend miljoen of 1 000 000 000 (109). In Engels word dié getal billion genoem, wat nie met die Afrikaanse woord biljoen verwar moet word nie. ’n Biljoen is duisend miljard of 1 000 000 000 000 (1012).
- Isaac Roberts
- Isaac Roberts was ’n Walliese ingenieur en sakeman wat bekend was as amateur-sterrekundige, veral as fotograaf van newels. Hy is in 1904 oorlede
- Wilhelm Gliese
- Wilhelm Gliese was ’n Duitse sterrekundige wat gespesialiseer het in die bestudering en katalogisering van nabygeleë sterre
- Punaauia
- Punaauia of Puna'auia is ’n munisipaliteit in die voorstede van Papeete in Frans-Polinesië, ’n oorsese gebied van Frankryk in die Stille Oseaan. Punaauia is op die eiland Tahiti geleë, wat op sy beurt deel van die Bowindse Eilande van die
- Pylos
- Pylos, histories ook bekend onder sy Italiaanse naam, Navarino, is ’n dorp en voormalige munisipaliteit op Peloponnesos, Griekeland. Dit is die belangrikste hawe aan Navarino-baai. Die dorp het 2 767 inwoners
- Johann Georgi
- Johann Gottlieb Georgi was in die 18de eeu ’n ontdekkingsreisiger in Siberië. In 1772 het hy verskeie soorte fauna en flora van Siberië beskryf en in 1776–1780 het hy die eerste omvattende werk oor die inheemse volke van die streek geskryf
- Roosrewolusie
- Die Roosrewolusie was wydverspreide protesoptogte in Georgië oor beweerde bedrog in die verkiesing van November 2003, toe Edward Sjewardnadze as president herkies is. Dit het daartoe gelei dat Sjewardnadze op 23 November van dié jaar bedank en ’n nuwe
- Hiva-Oa
- Hiva-Oa is ’n munisipaliteit in Frans-Polinesië, ’n oorsese gebied van Frankryk in die Stille Oseaan. Dit is deel van die Marquesaseilande
- Hangklip
- Hangklip is ’n hangende rots van 454 m hoog wat bo die dorp Pringlebaai uittroon. Dit is aan die R44 geleë en dui die oostelike punt van Valsbaai aan. Dit het ’n outomatiese vuurtoring en was eens die wegkruipplek van slawe wat uit die Kaap
- Straat van Makassar
- Die Straat van Makassar is ’n seestraat tussen die eilande Borneo en Soelawesi in Indonesië. In die noorde sluit dit by die Celebessee aan en in die suide by die Javasee. Die Mahakam- en Karanganrivier van Borneo loop in die seestraat uit
- Disperis micrantha
- Disperis micrantha is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is inheems in Eswatini, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos