2019 Top Ten of Conflict for Culture
- Gay
- 'n Gay is 'n homoseksuele persoon, veral 'n man. Gay is deel van die LGBT-gemeenskap en verwys na 'n seksuele oriëntasie. 'n Gay persoon se regte word deur die Grondwet van Suid-Afrika beskerm
- Poes
- Poes is 'n obsene woord in Afrikaans wat na die menslike vulva verwys. Dit is die direkte ingebruikneming van die Nederlandse woord poes wat na 'n wyfiekat verwys. Daar kan ook verwys word na die korrelasie tussen die Afrikaanse gebruik van die woord poes en die Engelse gebruik van die woord puss of pussy wat ook na die vroulike geslagsdele verwys. Dit is gewoonlik onaanvaarbaar om die woord in formele of beskaafde geselskap te uiter
- Romanz
- Romanz is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat hoofsaaklik Afrikaanse en ligte klassieke liedjies sing. Die groeplede is: Adam Barnard, Andre Venter, Burgerd Botha, Louis Loock
- Nederlands
- Nederlands is 'n Wes-Germaanse taal wat deur meer as 24 miljoen moedertaalsprekers in die wêreld gepraat word. Die totale aantal sprekers word geskat op omtrent 29 miljoen. Behalwe dat Nederlands die amptelike taal van Nederland is, is dit ook 'n amptelike taal in België en Suriname
- Grieks
- Die Griekse taal is 'n Indo-Europese taal wat bestaan vanaf ongeveer die 14de eeu v.C. in die Kretiese inskrywings genaamd Linear B. Miceense Grieks van hierdie periode word onderskei van latere Klassieke of Antieke Grieks vanaf die 8ste eeu v.C. en later, toe tekste in die Griekse alfabet begin skryf is
- Nobelprys
- Die Nobelpryse word jaarliks toegeken aan mense vir uitstekende navorsing, vir pionierswerk in die ontwikkeling van nuwe tegnologie of toerusting of wat 'n buitengewone bydrae tot die samelewing gemaak het. Dit word algemeen aanvaar as die hoogste eer wat aan 'n mens toegeken kan word in die hedendaagse wêreld
- Modernisme
- Modernisme is 'n denkrigting wat die mens se vermoë om die geboude en ontwerpte omgewing met behulp van wetenskaplike kennis, tegnologie en praktiese eksperimentering te skep, verbeter, dekonstrueer en hervorm herbevestig – dus in wese beide progressief en optimisties. Die term dek baie politiese, kulturele en kunsbewegings wat hulle oorsprong in die veranderinge in die Westerse samelewing teen die einde van die 19de eeu en die begin van die 20ste eeu het
- Pornografie
- Pornografie, wat soms verkort word tot porn of porno, is in sy breedste omskrywing die eksplisiete voorstelling van die menslike liggaam of seks met die doel om die kyker seksueel te stimuleer of prikkel
- Seks
- Die term seks verwys na die praktiese uitoefening van seksualiteit. In die algemene taalgebruik sluit die term seksuele handelings tussen twee of meer persone in, veral seksuele omgang en ander vergelykbare seksuele praktyke – in bepaalde gevalle ook masturbasie. Dit is ook onder verskeie ander name bekend, soos geslagsgemeenskap of koïtus
- Tale in Suid-Afrika
- Daar word vele tale in Suid-Afrika gepraat. Daar is elf amptelike tale benewens nie-amptelike tale en die tale van immigrante en asielsoekers. Dit maak Suid-Afrika die land ter wêreld met die naasmeeste amptelike tale ná Indië. Terwyl Indië voorkeur gee aan Engels en Hindi, is al elf amptelike tale volgens die Grondwet van Suid-Afrika gelykwaardig. Twee van die amptelike tale is van Germaanse oorsprong, terwyl die ander nege deel vorm van die Bantoetaalfamilie