2022 Top Ten of Conflict for Mathematics

Lengte
Lengte is die langste dimensie van 'n voorwerp en word soms sinoniem gebruik met 'afstand
Sirkel
'n Sirkel is 'n tweedimensionele figuur wat gevorm word deur al die punte van die vorm dieselfde afstand van 'n gekose punt te hê. Dié punt is die middelpunt en die gekose afstand staan bekend as die radius of radii
SI-stelsel
Die internasionale eenheidstelsel is die mees gebruikte stelsel van eenhede in die wêreld. Dit word in alledaagse handel gebruik in byna elke land buiten die Verenigde State, Liberië en Mianmar en word ook wêreldwyd gebruik vir wetenskaplike en ingenieurswerk. In 1960, is SI gekies as die beste sub-stel van die bestaande meter-kilogram-sekonde (MKS) stelsel van eenhede eerder as die ouer sentimeter-gram-sekonde (CGS) eenheidstelsel. Verskeie nuwe eenhede is later bygevoeg. Daar word soms na die SI
Arbeid
In fisika is arbeid soos die naam aandui die kwantifisering van die werk wat gedoen word, of die inspanning wat deur 'n kragbron gelewer word om 'n voorwerp te verplaas. As die kragbron 'n konstante krag F lewer om 'n voorwerp oor 'n afstand s te verplaas in die rigting van die krag, dan is die arbeid W die produk van die krag en die afgelegde afstand: W = F·s
Meter
Die meter is die SI-basiseenheid van lengte. Dit word gedefinieer as die afstand wat lig aflê in 'n absolute vakuum in 'n tydsinterval van 1 / 299 792 458 van 'n sekonde
Statistiek Suid-Afrika
Statistieke Suid-Afrika is die nasionale statistiekraad van Suid-Afrika. Dit is daargestel ná die Wet op Statistieke no. 6 van 1999 deur die Parlement van Suid-Afrika bekragtig is. Statistieke Suid-Afrika is geskep met die doel om tydige, akkurate en toeganklike amptelike statistiek te verskaf ten einde ekonomiese groei, ontwikkeling en demokrasie te bevorder. Hiervoor verskaf Statistieke Suid-Afrika amptelike demografiese, ekonomiese, huishoudelike en maatskaplike sensusse en opnames oor byvoorbeeld
Driedimensioneel
Driedimensioneel, dikwels afgekort as 3D, dui op voorwerpe wat drie meetkundige dimensies het: lengte, breedte en hoogte. Voorbeelde van driedimensionele voorwerpe is 'n bol, piramide of skoendoos
Natuurlike getal
Natuurlike getalle is 'n versameling van getalle in wiskunde wat vir tel en rangskikking gebruik word. Sommige bronne definieer die natuurlike getalle as die versameling van nie-negatiewe heelgetalle 0, 1, 2, 3, …, terwyl ander bronne dit as die versameling van positiewe heelgetalle 1, 2, 3, … definieer. Selfs ander bronne verskaf beide definisies; onderskeid word dan tussen die twee definisies getref deur middel van notasie, byvoorbeeld ℕ0 vir die nie-negatiewe heelgetalle en ℕ+ vir die positiewe
Epitrogoïed
'n Epitrogoïed is 'n roulette afgetrek deur 'n punt op 'n sirkel met radius b wat om die buitekant van 'n stilstaande sirkel met radius a rol, waar die punt 'n afstand h van die middelpunt van die buitenste sirkel is
Oppervlakte
Oppervlakte of area is die grootheidsuitdrukking van 'n tweedimensionele grootte van 'n gedefinieerde deel van 'n oppervlakte, tipies 'n gebied begrens deur 'n geslote kromme. Die term oppervlakte area verwys na die totale area van die ontblote oppervlaktes in 'n driedimensionele ruimteliggaam, soos die som van die areas van die ontblote kante van 'n poliëder (veelvlak). Die oppervlakte, simbool: A, dui die grootte van 'n tweedimensionele gebied aan. Die term oppervlakte word ook dikwels gebruik om die