2010 Top Ten of Conflict for Mathematics

Elektronvolt
Die elektronvolt is 'n eenheid van energie. Dit is die hoeveelheid kinetiese energie wat 'n enkele onverbonde elektron verkry as dit deur 'n elektrostatiese potensiaalverskil van een volt in 'n vakuum versnel word. In ander woorde gestel is dit gelyk aan een volt vermenigvuldig met die lading van 'n enkele elektron
Diskrete wiskunde
Diskrete wiskunde, soms eindige wiskunde genoem, is die studie van wiskundige strukture wat fundamenteel diskreet is in die sin dat dit nie die begrip van kontinuïteit ondersteun of benodig nie. Meeste, indien nie alle, voorwerpe wat in eindige wiskunde bestudeer word is telbare versamelings, soos die heelgetalle
Pythagoras se stelling
Pythagoras se Stelling is 'n wiskundige stelling wat vernoem is na die Griekse wiskundige, Pythagoras. Volgens tradisie het Pythagoras die stelling ontdek en bewys, maar die stelling se resultaat was voor Pythagoras se ontdekking aan verskeie antieke bevolkings bekend, waaronder die Egiptenare en die Indiërs
Algebra
Algebra, of stelkunde, is die afdeling van wiskunde waar simbole gebruik word om strukture te beskryf en die verhoudings daartussen aan te dui. Klassieke algebra het uit die algemene metode van die oplos van vergelykings gekom. Hierin kom getalle en simbole voor wat bewerk word met maal, deel, optel en aftrek, asook ander bewerkings soos magte en magswortels. Die Noorse wiskundige Niels Henrik Abel bewys egter in 1824 dat polinome met graad vyf of hoër nie deur eksplisiete formules opgelos kan word nie
Mate
Mate of meting is die toewysing van 'n getal aan 'n kenmerk van 'n voorwerp of gebeurtenis, wat vergelyk kan word met ander voorwerpe of gebeure. Meetinstrumente word baie keer gebruik, en mates word uitgedruk as 'n hoeveelheid in 'n sekere eenheid. Die SI-eenhede word veral baie gebruik
Desimale graad
Die desimale graad, gradiaan of gon is 'n hoekmetingseenheid waarin die hoek van 'n volle sirkel 400 gradiaan is. 'n Regtehoek is dus 100 gradiane. Die gon of gradiaan word in 100 desimale minute verdeel wat weer elkeen in 100 desimale sekondes verdeel word. Die woord gon is afkomstig van die Griekse woord gonia wat hoek beteken. Hoeke in gon word soms aangedui met 'n g boskrif, die regte hoek is byvoorbeeld
Wiskunde
Wiskunde word algemeen gedefinieer as die studie van patrone in strukture, verandering en ruimte; meer informeel gestel, kan 'n mens sê dat dit die studie van "getalle en syfers" is. Uit die formele oogpunt gesien is dit die ondersoek van aksiomaties gedefinieerde abstrakte strukture deur gebruik te maak van simboliese logika en wiskundige notasie; ander uitgangspunte word in die filosofie van wiskunde bespreek. Wiskunde kan gesien word as 'n eenvoudige uitbreiding van gesproke en geskrewe tale, met 'n
Kilometer
'n Kilometer is 'n metrieke eenheid van lengte gelyk aan 1000 meter, en is afkomstig van die Griekse woorde khilia, wat duisend beteken, en metro, wat telling of mate beteken. Dit is ongeveer gelyk aan 0,621 myl, 1094 jaart of 3281 voet. 'n Kilometer is ook die lengte wat lig reis in 1⁄299,792,458 van een sekonde (Ligsnelheid
Statistiek
Statistiek word meermale beskryf as die wetenskap wat met die insameling en ontleding van data (waarnemings) te make het, asook met die maak van gevolgtrekkings en die neem van besluite op grond van dié ontledings. Dit is gebaseer op statistiese teorie wat 'n vertakking is van toegepaste wiskunde. In statistiese teorie word willekeurigheid en onsekerheid gemodelleer deur van waarskynlikheidsleer gebruik te maak. Die beoefening van statistiek behels die beplanning, opsomming en interpretasie van sekere
Hektaar
'n Hektaar is 'n meeteenheid van oppervlakte, gelyk aan 10 000 vierkante meter, wat veral gebruik word om grondgebied te meet. 'n Vierkant van een hektaar se sye is 100 meter lank. Die naam hektaar kom van die Griekse voorsetsel hekto vir 100 en die eenheid aar. 'n Hektaar is 100 are of 'n vierkante hektometer. Die aar was die basiseenheid vir oppervlakte en was een van die oorspronklike vyf eenhede van die metrieke stelsel wat in 1795 deur die Franse opgestel is