2019 Top Ten of Conflict for Philosophy
- Republiek
- 'n Republiek, in die mees basiese sin, is 'n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense afkomstig is, eerder as vanuit 'n oorerflike of ander beginsel
- Feng shui
- Feng shui ook bekend as Chinese waarsêery, is ’n skynwetenskap wat sy oorsprong in China gehad het. Daarvolgens word energiekragte gebruik om individue met hul omgewing te laat harmoniseer. Die term feng shui beteken letterlik "wind-water", wat kom uit die begrafnisboek Zang Shu: "Qi dryf op die wind (feng) en versprei, maar bly waar dit water (shui) teenkom
- Rassisme in Afrika
- Rassisme in Afrika is veelvlakkig en het eeue gelede begin. Dit is 'n verskynsel wat oral in die wêreld voorkom. Dit kan as gevolg van sterk nasionale bande binne sekere groepe gebeur, wat hulle laat dink ander mense is van minder belang as dié van hul eie nasie, of die gevolg wees van 'n oortuiging dat sommige mense of rasse superieur bo ander is. Die Europese kolonialisme het moontlik 'n rol gespeel om rassisme aan te wakker deur nie die mense en hul leefwyse in die nuutgestigte provinsies in ag te
- Solidêr
- Om solidêr te wees is om lojaal of getrou te wees aan 'n saak
- Anargisme
- Anargisme is 'n politiese filosofie wat teoretiseer dat die staat, wat hiërargie en verpligtende regering bevat, onnodig, skadelik en/of ongewens is, en dit is ten gunste van die afskaffing van die staat. Anargisme was ontwerp in die Internasionale Arbeiders-Assosiasie deur die Bakuninistiese faksie, in opposisie vir die outeritêrse Marxistiese faksie van die Internasionaal.
Daar is 'n tradisie in anargie om kapitalisme te verwerp aangesien dit ware vryheid sou teëwerk. Maar daar is ook weergawes van
- Goed en kwaad
- Goed en kwaad verwys in godsdiens, etiek en filosofie na die ligging van voorwerpe, begeertes en aksies op ’n lineêre spektrum – die goeie is moreel positief en die kwade moreel negatief
- Verligting
- Die Verligting, oftewel Die eeu van die Rede, was ’n kulturele beweging van intellektuele wat in die laat 17de eeu in Europa begin het. Dit het klem gelê op rede en individualisme eerder as tradisie. Die doel daarvan was om die gemeenskap te hervorm deur die gebruik van rede, om idees uit te daag wat hul grondslag in tradisie en geloof het en om kennis deur middel van wetenskaplike metodes te bevorder
- Kommunisme
- Kommunisme verwys na 'n klaslose stelsel van politieke en ekonomiese organisering, ingevolge waarvan eiendom en die produksiemiddele deur die staat besit word en alle burgers deel in die gesamentlike rykdom deur te produseer na hul vermoë en te neem volgens hul behoeftes
- Federale republiek
- 'n Federale republiek of Bondsrepubliek is 'n staatsvorm van 'n land wat sowel 'n republiek as 'n federasie is. Gevolglik is 'n Federale republiek 'n vereniging van deelstate onder 'n federale bestuur wat gemeenskaplike belange soos verdediging, buitelandse sake e.d. behartig, waarby die deelstate hul interne soewereiniteit behou. Die deelstate kan nie sommerso uit 'n federale republiek uittree nie. Dit onderskei die bondsrepubliek van 'n statebond (konfederasie
- Demokrasie
- Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense