2012 Top Ten of Conflict for Mathematics
- Groep (wiskunde)
- In abstrakte algebra is 'n groep 'n versameling met 'n binêre operasie wat sekere aksiomas, soos onder uiteengesit, bevredig. Die versameling heelgetalle met optelling is byvoorbeeld 'n groep. Die vertakking van wiskunde wat groepe bestudeer staan bekend as groepteorie
- Levenshteinoutomaat
- In rekenaarwetenskap is Levenshteinoutomate 'n familie eindigetoestandoutomata wat die versameling V van alle woorde in 'n formele taal waarvoor die Levenshteinafstand tot 'n arbitrêre woord W nie 'n bepaalde konstante oorskry nie, kan herken. 'n Levenshteinoutomaat vir W kan in lineêre tyd eweredig aan die lengte van W gekonstrueer word, en kan V in baie minder tyd identifiseer as wat nodig sou wees as die Levenshteinafstand na W vir elke woord in die taal bereken sou word
- Ellips
- 'n Ellips is kortliks 'n ovaal: 'n figuur soos ’n sirkel, maar met twee kante wat effens langer en platter is. 'n Lyn wat die verste punte verbind, word die groot, hoof- of lengteas genoem. 'n Lyn wat die naaste punte verbind, word die klein, kort- of breedteas genoem
- Bar
- Die bar is 'n eenheid van druk. Dit is nie 'n SI-eenheid nie maar word aanvaar vir gebruik met die SI-eenhede. Die bar word steeds gereeld gebruik om druk in uit te druk omdat dit byna gelyk is aan atmosferiese druk
- Wiskunde
- Wiskunde word algemeen gedefinieer as die studie van patrone in strukture, verandering en ruimte; meer informeel gestel, kan 'n mens sê dat dit die studie van "getalle en syfers" is. Uit die formele oogpunt gesien is dit die ondersoek van aksiomaties gedefinieerde abstrakte strukture deur gebruik te maak van simboliese logika en wiskundige notasie; ander uitgangspunte word in die filosofie van wiskunde bespreek. Wiskunde kan gesien word as 'n eenvoudige uitbreiding van gesproke en geskrewe tale, met 'n
- Wiskundige analise
- Wiskundige analise, ook algemeen bekend as calculus is die wiskundige studie van aanhoudende verandering, in dieselfde manier wat geometrie die studie van vorm is en algebra die studie van die veralgemenings van rekeningkundige berekeninge is. Dit het twee hoof vertakkings, naamlik: differensiale calculus en integrale calculus . Hierdie twee vertakkings is verwant aan mekaar deur die fundamentele teorie van calculus. Beide vertakkings maak gebruik van die fundamentele notasies van konvergensie van die
- Omtrek
- Die omtrek is die afstand om 'n gegewe twee-dimensionele voorwerp. Dit verwys na die lengte van die buitelyn van die
- Vierkante kilometer
- Vierkante kilometer is 'n SI-eenheid vir oppervlak. Dit is 'n afgeleide SI-eenheid, en is gelyk aan:die oppervlakte van 'n vierkant met sye wat elk een kilometer lank is
1 000 000 m²
100 hektaar
0,386 102 vierkante myl (landmyl)
247,105381
- Vierkant
- 'n Vierkant is 'n vierhoek met vier sye wat almal ewe lank is en vier regte hoeke tussen die sye
- SI-stelsel
- Die internasionale eenheidstelsel is die mees gebruikte stelsel van eenhede in die wêreld. Dit word in alledaagse handel gebruik in byna elke land buiten die Verenigde State, Liberië en Mianmar en word ook wêreldwyd gebruik vir wetenskaplike en ingenieurswerk. In 1960, is SI gekies as die beste sub-stel van die bestaande meter-kilogram-sekonde (MKS) stelsel van eenhede eerder as die ouer sentimeter-gram-sekonde (CGS) eenheidstelsel. Verskeie nuwe eenhede is later bygevoeg. Daar word soms na die SI