2019 Top Ten of Conflict for Geography
- Verenigde State van Amerika
- Die Verenigde State van Amerika, in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko
- Engels
- Engels is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal, met omtrent 335 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk
- Angola
- Angola, amptelik die Republiek Angola, is 'n land in Suider-Afrika wat grens aan Namibië in die suide, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die noordooste, Zambië in die ooste en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die provinsie Cabinda, wat hom ten noorde en buite die land self bevind, grens aan die Republiek van die Kongo in die noorde, die Demokratiese Republiek van die Kongo in die suide en die Atlantiese Oseaan in die weste. Angola is 'n lid van die Afrika-unie en 'n voormalige Portugese
- Iran
- Iran, amptelik die Islamitiese Republiek Iran, is 'n land in die Midde-Ooste, wat deur Azerbeidjan, Armenië en Turkmenistan in die noorde, Pakistan en Afghanistan in die ooste en Turkye en Irak (Koerdistan) in die weste begrens word. Die land het vroeër in die Westerse lande as Persië bekendgestaan
- N1 (Suid-Afrika)
- Die N1 is een van Suid-Afrika se 15 nasionale paaie. Dit is die belangrikste hoofpad in Suid-Afrika, want dit verbind al die hoofstede, nl. Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en Kaapstad. Die pad loop dus vanaf Kaapstad, tot by Beitbrug, wat die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is
- Italië
- Italië, amptelik die Italiaanse Republiek, is 'n land in Suid-Europa wat – naas die Povlakte in Noord-Italië – grotendeels uit die stewelvormige Appenyne-skiereiland sowel as twee groot eilande in die Middellandse See bestaan: Sisilië (Sicilia) en Sardinië (Sardegna). Daarbenewens behoort kleiner eilande in die Middellandse See soos Capri en Elba ook tot Italië. Die land het 'n gematigde Sentraal-Europese klimaat in die noorde en 'n Mediterreense in die suidelike landsdele
- Suid-Korea
- Suid-Korea, amptelik die Republiek Korea, is 'n republiek in Oos-Asië wat die suidelike helfte van die Koreaanse Skiereiland en eilande langs die kus beslaan. Jeju, die grootste eiland, is ongeveer 100 km suid van die vasteland geleë
- Hoofstad
- 'n Hoofstad is 'n belangrike stad in 'n gebied wat sentraal staan in 'n sekere sin. Die hoofstad van 'n land verwys gewoonlik na die setel van die regering van die land
- Mauritanië
- Mauritanië, amptelik die Islamitiese Republiek Mauritanië, is 'n land in Noordwes-Afrika. Mauritanië grens aan die Atlantiese Oseaan in die weste, Senegal in die suidweste, Mali in die ooste en suidooste, Algerië in die noordooste en die deur Marokko geannekseerde Wes-Sahara-gebied in die noordweste. Die grootste stad is die hoofstad Nouakchott, terwyl Nouadhibou die land se vernaamste ekonomiese sentrum is. Albei stede is aan die Atlantiese kus geleë. Die land is na die antieke Berberkoninkryk
- België
- België, amptelik die Koninkryk België, is 'n land in Noordwes-Europa begrens deur Nederland, Duitsland, Luxemburg en Frankryk. België het 'n bevolking van amper 11,7 miljoen mense in 'n gebied meer as dertigduisend vierkante kilometer groot. België lê op 'n kulturele kruispad tussen die Germaanse Europa en die Romaanse Europa. Twee hooftale word in België gepraat: Nederlands – soms nie-amptelik Vlaams genoem – in Vlaandere in die noorde; en Frans, in Wallonië in die suide. Die hoofstad, die