2019 Top Ten of Conflict for Health

Geneeskunde
Geneeskunde is die vakgebied toegespits op die bestudering van die sel-, weefsel- en orgaansisteme, asook die patologiese manifestasies. Sekondêr – sielkunde en psigiatrie. Daar word gestreef na die herstelling van die mens na 'n gesonde toestand d.m.v. diagnose, prognose en voorkoming
Ebola
Ebola of Ebola hemorragiese koors is 'n ernstige menslike siekte wat deur die ebolavirus veroorsaak word. Die siekte veroorsaak 'n hoë sterftesyfer en daar is geen spesifieke behandeling of medisyne teen die virus beskikbaar nie. Die siekte is skaars en kom tipies in die vorm van plaaslike uitbrekings in lande in Sentraal-Afrika voor. Die naam ebola kom van die gelyknamige rivier in die Kongo waar 'n uitbraak in 1976 plaasgevind en ebola vir die eerste keer erken en bewys is
Siprofloksasien
Siprofloksasien is 'n tweede-generasie fluorokinoloon antibiotikum. Die spektrum van aktiwiteit sluit in die meeste stamme van bakteriële patogene verantwoordelik vir respiratoriese, urinêre, maag, en abdominale infeksies, insluitend Gram-negatiewe bakteriese patogene. Siprofloksasien en ander fluorokinolone word van waarde geag omrede hul breë spektrum van aktiwiteit, uitstekende weefselbinnedringing en vir hul beskikbaarheid in beide mondelinge en binneaarse formulerings
Online Mendelian Inheritance in Man
Online Mendelian Inheritance in Man (OMIM) is ’n databasis wat al die bekende siektes met ’n genetiese komponent lys en hulle, waar moontlik, verbind met die relevante gene in die menslike genoom. Dit verskaf ook verwysings vir verdere navorsing en instrumente vir genoom-ontleding van ’n geen in die katalogus
Kastrasie
Kastrasie is enige manier – snykundig, chemies of andersins – waardeur ’n manlike mens of dier die funksie van die testikels of ’n vroulike mens of dier die funksie van die eierstokke verloor
Tand
'n Tand is 'n klein, verkalkte, wit struktuur wat in die kake van baie gewerweldes voorkom en gebruik word om kos af te breek. Sommige diere, veral roofdiere, gebruik ook tande vir jag of vir verdedigingsdoeleindes. Die wortels van die tande word deur tandvleis bedek. Tande is nie van been gemaak nie, maar eerder van verskeie weefsels van verskillende digtheid en hardheid. 'n belangrike stof is die mineraal hidroksielapatiet. Die sellulêre weefsel wat uiteindelik tande vorm is afkomstig uit die
Sonsteek
Hitte-uitputting vind plaas wanneer 'n persoon aan uitermatige hitte blootgestel word
ICD-10 Hoofstuk IX: Siektes van die bloedsomloopstelsel
ICD10 Hoofstuk IX omvat siektes van die bloedsomloopstelsel, gerangskik volgens die tiende uitgawe van die Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme. Die hoofstuk omvat die kodes I00 tot I99
Stem
Die menslike stem is die klank wat deur 'n mens gegenereer word deur gebruik te maak van die stembande vir praat, sing, lag, huil, skree, ens. Stem is daardie deel van menslike klankproduksie waar die stembande die primêre bron van klank is. Die meganisme vir die generering van die menslike stem word algemeen in drie subdele verdeel: die longe, die stembande binne die strottehoof, en die artikulators. Die longe dien as 'n pomp wat lugvloei en lugdruk verskaf waarmee die stembande gevibreer word. Die
ICD-10 Hoofstuk XII: Siektes van die vel en onderhuidse weefsel
ICD10 Hoofstuk XII omvat siektes van die vel en onderhuidse weefsel, gerangskik volgens die tiende uitgawe van die Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme. Die hoofstuk omvat die kodes L00 tot L99