2016 Top Ten of Conflict for Mathematics

Wiskunde
Wiskunde word algemeen gedefinieer as die studie van patrone in strukture, verandering en ruimte; meer informeel gestel, kan 'n mens sê dat dit die studie van "getalle en syfers" is. Uit die formele oogpunt gesien is dit die ondersoek van aksiomaties gedefinieerde abstrakte strukture deur gebruik te maak van simboliese logika en wiskundige notasie; ander uitgangspunte word in die filosofie van wiskunde bespreek. Wiskunde kan gesien word as 'n eenvoudige uitbreiding van gesproke en geskrewe tale, met 'n
Kaapse maateenhede
Tussen 1652 en 1796 was die Kaap onder die beheer van die VOC. In die sewentiende en agtiende eeu het die meeste Nederlandse stede hul eie maatstelsels gebruik. Die VOC het die Amsterdamse meeteenhede vir handel gebruik en die Rynlandse eenhede vir landsmetings. Tydens die jare na die Britse besetting van 1806, is die Amsterdamse eenhede deur Britse eenhede verplaas, maar die Rynlandse landmetingseenhede is behou tot die invoering van die metrieke stelsel in 1972
Differensiaalrekening
Die differensiaalrekening is in wiskunde een van die hoofvelde van analise. Die sentrale tema van die differensiaalrekening is die berekening van lokale veranderinge van funksies, soos hulle hellings en raaklyne. Dit is nou verwant aan die integraalrekening, waarmee dit saam onder die begrip infinitesimaalrekening of kalkulus saamgevat kan word
Abakus
'n Abakus is 'n rekenkundige toestel, dikwels saamgestel as 'n houtraam met krale wat op drade gly. Dit was in gebruik eeue voor die aanvaarding van die geskrewe Hindoe-Arabiese numeriese stelsel en word steeds algemeen gebruik deur handelaars en klerke in China en elders
Skrikkeljaar
'n Skrikkeljaar is 'n jaar wat 'n ekstra dag bevat om die kalenderjaar te sinkroniseer met die astronomiese jaar. Seisoengebeure en astronomiese gebeure herhaal nie op 'n presiese aantal dae nie, met die gevolg dat 'n kalender met dieselfde aantal dae vir elke jaar geleidelik sal verskuif ten opsigte van die gebeurtenis waarmee dit moet ooreenstem. Deur by geleentheid 'n ekstra dag of maand in die jaar by te voeg, kan hierdie verskuiwing gekorrigeer word
Eeu
'n Eeu is 'n periode van een-honderd (100) jaar
Algebra
Algebra, of stelkunde, is die afdeling van wiskunde waar simbole gebruik word om strukture te beskryf en die verhoudings daartussen aan te dui. Klassieke algebra het uit die algemene metode van die oplos van vergelykings gekom. Hierin kom getalle en simbole voor wat bewerk word met maal, deel, optel en aftrek, asook ander bewerkings soos magte en magswortels. Die Noorse wiskundige Niels Henrik Abel bewys egter in 1824 dat polinome met graad vyf of hoër nie deur eksplisiete formules opgelos kan word nie
Poincare probleemstelling
In 1904, in die veld van wiskundige topologie, het die Franse wiskundige Henri Poincaré die volgende probleemstelling voorgelê:Is elke eenvoudige 4-dimensionele vorm homeomorfies aan 'n 4-dimensionele sfeer
Statistiek
Statistiek word meermale beskryf as die wetenskap wat met die insameling en ontleding van data (waarnemings) te make het, asook met die maak van gevolgtrekkings en die neem van besluite op grond van dié ontledings. Dit is gebaseer op statistiese teorie wat 'n vertakking is van toegepaste wiskunde. In statistiese teorie word willekeurigheid en onsekerheid gemodelleer deur van waarskynlikheidsleer gebruik te maak. Die beoefening van statistiek behels die beplanning, opsomming en interpretasie van sekere
Operasionele navorsing
Operasionele navorsing (ON) is 'n multi-dissiplinêre wiskundige wetenskap wat nou verband hou met die statistiek wat hom uitgee daarvoor dat hy oplossings soek vir komplekse probleme in die werklike wêreld deur "die wetenskaplike metode" te gebruik. Vroeë definisies dateer uit die Tweede Wêreldoorlog toe wetenskaplikes uit verskillende dissiplines in meerdissiplinêre spanne saamgetrek is om "operasionele" probleme te bestudeer en oplossings aan die hand te doen. By gebrek aan bestaande metodes en