2019 Top Ten of Conflict for Religion
- Antichris
- Die antichris is volgens die Christelike leer die uiteindelike manifestasie van kwaad in 'n menslike wese. Die antichris is die vyand van Christus wat die bose magte verteenwoordig en kort voor die einde van die wêreld sy opwagting sal maak. Die woord kom vyf keer in die Bybel in 1 Johannes en 2 Johannes voor, een keer in meervoudsvorm en vier keer in die enkelvoud
- Rama
- Rama, ook bekend as Ramachandra, is ’n belangrike god in Hindoeïsme. Hy is die sewende avatar van die god Vishnu, en saam met Krishna een van die gewildste inkarnasies van hom. In tradisies wat om Rama wentel, word hy as die oppergod beskou
- Salomo
- Salomo was die vierde koning van Israel en 'n seun van koning Dawid en Batseba. Hy het op haar aandrang die troonopvolger van Dawid geword. Salomo het volgens Bybelse geskrifte van ongeveer 970 v.C. tot 930 v.C. geregeer en het ook volgens die Hebreeuse Bybel die eerste Joodse Tempel gebou
- Jesus van Nasaret
- Jesus van Nasaret, ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישוע is
- Islam
- Islam is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1
- Mohammed
- Mohammed of Moegammad was ’n religieuse, politieke en militêre leier van Mekka. Hy het Arabië onder ’n Islamitiese regeringsvorm verenig. Die Moslems en Baha’i glo hy is ’n profeet van God. Die Moslems beskou hom as die hersteller van die onveranderde oorspronklike monoteïstiese geloof van Adam, Noag, Abraham, Moses, Jesus en ander profete
- Tuisblad/Vakgebiede/Religie
- Kruistog
- Die Kruistogte was 'n reeks godsdiensoorloë wat in die Middeleeue deur die Christelike Latynse Kerk begin, gesteun en soms aangevoer is. Die bekendste van dié militêre veldtogte was dié in die tydperk tussen 1095 en 1291 na die Heilige Land met die doel om Jerusalem en die omringende gebied van Moslemse heerskappy te bevry. In die Eerste Kruistog, wat gelei het tot die oorwinning van Jerusalem in 1099, is dosyne militêre veldtogte gereël wat eeue lank die fokuspunt van Europese geskiedenis was. Die
- Ahl al-Bayt
- Ahl al-Bayt is 'n Arabiese frase wat Mense van die Huis of Familie van die Huis beteken. Die frase word gebruik voor die stigting van die Islam in Arabië om na iemand se stam te verwys. Binne Islam verwys die frase na die familie van die profeet Muhammad. Volgens Shia-moslems bestaan die Ahl al-Bayt uit vyf mense: Muhammad, Ali, Fatimah, Hassan en Hussain. In Sunni-Islam word Mohammed se vroue ook ingesluit in die Ahl al-Bayt
- Boeddhisme
- Boeddhisme is ’n Dharmiese geloof of filosofie. Dit sluit ’n verskeidenheid tradisies, gelowe en spirituele gebruike in wat grootliks geskoei is op die leringe van Gautama Boeddha, algemeen bekend as die Boeddha