All Time Top Ten of Polemic for Society
- Verantwoordelikheid
- Verantwoordelikheid is die verpligting wat op die skouers van 'n persoon rus om 'n gegewe taak wat aan hom of haar opgedra is na sy of haar beste vermoë uit te voer of te verseker dat die taak voltooi word. Alhoewel gesag na ondergeskiktes gedelegeer kan word, sal die verantwoordelikheid altyd op die persoon rus aan wie die aanvanklike taak of opdrag toegeken is.
Verantwoordelikheid is die verpligting om rekenskap te kan gee
- Groepsgebiedewet
- Groepsgebiedewet was die titel van drie wette van die Parlement van Suid-Afrika wat uitgevaardig is onder die land se apartheidsregering. Die wet het rassegroepe in stadsgebiede in verskillende woon- en sakegedeeltes ingedeel volgens 'n stelsel van stedelike apartheid. 'n Uitwerking van die wet was dat mense van kleur uitgesluit is van die bes ontwikkelde woongebiede, wat beperk was tot wit mense. Dit het meegebring dat baie bruin mense groot afstande van hulle huise na hulle werk moes aflê. Van die mense
- Trappe van vergelyking
- Trappe van vergelyking is vorme van byvoeglike naamwoorde of bywoorde. 'n Byvoeglike naamwoord in Afrikaans kan drie vorme aanneem om die sterkte van die naamwoord aan te dui. As voorbeeld kan 'n voorwerp as groot, nog groter of as die heel grootste beskryf word. Soortgelyk kan 'n partytjie as lekker, nog lekkerder of as die heel lekkerste beskryf word
- Grondwet van Suid-Afrika
- Die Grondwet van Suid-Afrika is die hoogste wet van Suid-Afrika. Dit is op 4 Desember 1996 as Wet 108 van 1996 deur die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika aanvaar
- Versamelnaam
- 'n Versamelnaam of versamelwoord is 'n selfstandige naamwoord wat 'n versameling dinge van dieselfde soort aandui. Hoewel versamelwoorde na 'n versameling of groepering verwys, is hulle almal enkelvoude
- Tuisblad/Vakgebiede/Samelewing
- Samelewing
Besigheid • Ekonomie • Krieket • Politiek • Rugby • Sport • Vlae en wapens
- Intensiewe vorm
- Intensiewe vorme of intensiewe adjektiewe, vroeër bekend as versterkte vorme, is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad. Intensiewe vorme word gebruik om 'n sin trefkrag te gee en die taal op te kikker. 'n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken. In Afrikaans word intensiewe vorme gewoonlik vas geskryf, met enkele uitsonderings, byvoorbeeld wawyd oop en nugter wakker
- Armoedeverligting
- Armoede is 'n wêreldwye probleem en nie net dié van armer lande nie. Alhoewel die probleem al baie lank bestaan, is dit maar eers onlangs dat ryker lande dit ook as hul verantwoordelikheid begin beskou het om hieraan aandag te gee. Tot nou toe het die planne om armoede te verlig van die ryker lande gekom en was armer lande bloot die ontvangers van die hulp wat die ryker lande gedink het hulle behoort te kry
- Vakbond
- ’n Vakbond is ’n organisasie met die doel om die belangstellings van ’n versameling van werkers te bevorder en te beskerm. Dikwels is 'n vakbond die werkers se verteenwoordiger wanneer lone of werksomstandighede met werkgewers en/of regerings onderhandel word.In sommige lande het vakbonde opmerklike vryheid, soos die reg na Vryheid van Vereniging, die reg tot publieke demonstrasies en die reg tot protes teen politieke teenstanders.
In ander lande word vakbonde deur politieke of militêre regimes
- Argeologie
- Argeologie of oudheidkunde is die studie van menslike kulture deur die herwinning, dokumentering en analise van materiële oorblyfsels, insluitende argitektuur, kunsprodukte, oorblyfsels van lewende organismes insluitend menslike oorblyfsels en die studie van die landskap waarin die mense gewoon het. Die doel van argeologie is om lig te werp op die langtermyn voorgeskiedenis, geskiedenis, gedragspatrone en kulturele ewolusie van die mens. Dit is die enigste vakgebied wat die metodiek beskryf vir die