All Time Top Ten of Polemic for Philosophy

Neo-Kantianisme
Neo-Kantianisme is 'n filosofiese beweging oor 'n langer tydperk wat terugkeer na die epistemologiese werk van die Duitse filosoof Immanuel Kant, veral die Kritiek van Reine Beredening. Dit is 'n reaksie op filosofiese bewegings en idees uit die 19de eeu. Alhoewel neo-Kantianisme oorheersend was in Duitse universiteite in die tweede helfte van die 19de eeu, speel dit slegs 'n klein rol in die geskiedenis van die filosofie, en die invloed daarvan op die huidige filosofie is nie baie groot nie
Kleptokrasie
Kleptokrasie kom van die Griekse klepto (steel) en kratein (regeer), en beteken dus "regering deur diewe". In teenstelling tot byvoorbeeld demokrasie is dit nie 'n staatsvorm nie; dit word slegs gebruik as pejoratiewe term om (vermeende) selfverrykende regerings en lande aan te dui
Demokrasie
Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense
Verligting
Die Verligting, oftewel Die eeu van die Rede, was ’n kulturele beweging van intellektuele wat in die laat 17de eeu in Europa begin het. Dit het klem gelê op rede en individualisme eerder as tradisie. Die doel daarvan was om die gemeenskap te hervorm deur die gebruik van rede, om idees uit te daag wat hul grondslag in tradisie en geloof het en om kennis deur middel van wetenskaplike metodes te bevorder
Kennisleer
Kennisleer is 'n vertakking van die filosofie en behels die studie van die teorie van die oorsprong, die aard, die metodes en die grense van kennis. Dit hou verband met die beginsels waarvolgens onderskei kan word tussen dit wat waar en onwaar is, en dui ook die moontlike grense aan vir ons vermoë om te dink, waar te neem, en te verstaan. Dit word dikwels gekontrasteer met ontologie
Jin en jang
Jin en jang stel die skeppende krag in die heelal voor wat altyd volkome gebalanseerd moet wees sodat kosmiese energievloei kan plaasvind. Jin is die vroulike of negatiewe pool wat swart, koud en stadig is. Jang is die manlike of positiewe pool wat wit, warm en vinnig is. Die jin-en-jang-simbool dui daarop dat jin voortdurend verander in jang, en jang verander weer voortdurend in jin. Hierdie dubbelsinnige lewensbeskouing van jin en jang vorm die basis van die Chinese filosofie wat vervat is in die boek
Kennis
Kennis is iemand se bewustheid of begrip van iets soos feite, inligting, ervaring of vaardighede wat verkry word deur ondervinding of deur opvoeding danksy waarneming, ontdekking of die leerproses. Kennis kan teoreties wees of prakties
Republiek
'n Republiek, in die mees basiese sin, is 'n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense afkomstig is, eerder as vanuit 'n oorerflike of ander beginsel
Nasiebou
Nasiebou is die vorming van 'n oorkoepelende nasionale identiteit, om 'n gevoel van samehorigheid en lojaliteit aan die nasie wat deur nasiebou geskep is, te weerspieël. Dié nasionale identiteit word dan deur die bevordering en gebruik van nasionale simbole versterk
Allegorie van die grot
Die allegorie van die grot is een van die bekendste uittreksels uit die Griekse filosoof Plato se werke. Dit maak deel uit van sy dialoog Staat, wat fokus op die wese van die regverdigheid en poog selfs om 'n bloudruk te probeer stel vir die ideale staat. In die allegorie van die grot lê Plato sy opvattings uit oor menswees en die menslike kennis se verhouding met die realiteit