All Time Top Ten of Polemic for Health
- Ejakulasie
- Ejakulasie is die proses van die uitspuit van semen vanuit die penis. Dit gaan gewoonlik gepaard met ’n orgasme, wat weer teweeggebring word deur seksuele prikkeling. Seksuele prikkeling lei egter nie altyd tot ejakulasie nie. Ejakulasie kan ook voorkom gedurende die vinnigeoogbewegingsfase van slaap vanweë seksuele drome. Andersins gebeur dit soms tydens die massering van die prostaat. In skaars gevalle kan dit die gevolg van ’n siektetoestand van die prostaat wees. Ejakulasie word meestal
- Ebola
- Ebola of Ebola hemorragiese koors is 'n ernstige menslike siekte wat deur die ebolavirus veroorsaak word. Die siekte veroorsaak 'n hoë sterftesyfer en daar is geen spesifieke behandeling of medisyne teen die virus beskikbaar nie. Die siekte is skaars en kom tipies in die vorm van plaaslike uitbrekings in lande in Sentraal-Afrika voor. Die naam ebola kom van die gelyknamige rivier in die Kongo waar 'n uitbraak in 1976 plaasgevind en ebola vir die eerste keer erken en bewys is
- Geneeskunde
- Geneeskunde is die vakgebied toegespits op die bestudering van die sel-, weefsel- en orgaansisteme, asook die patologiese manifestasies. Sekondêr – sielkunde en psigiatrie. Daar word gestreef na die herstelling van die mens na 'n gesonde toestand d.m.v. diagnose, prognose en voorkoming
- Lys van longsiektes
- Hier volg 'n lys van longsiektes:Laringites
Tracheites
Brongitis
Brongiolites
Asma
pneumonia
Pneumokonioses
Pleurites
Empieem
- Vigs
- Verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs), as gevolg van 'n besmetting met die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV), is 'n sindroom wat die immuunstelsel aanval en geleidelik vernietig. Pasiënte met 'n verswakte immuunstelsel is uiters vatbaar vir sekondêre infeksies, en 'n bepaalde kombinasie van hierdie infeksies word as die sindroom vigs gedefinieer
- Tand
- 'n Tand is 'n klein, verkalkte, wit struktuur wat in die kake van baie gewerweldes voorkom en gebruik word om kos af te breek. Sommige diere, veral roofdiere, gebruik ook tande vir jag of vir verdedigingsdoeleindes. Die wortels van die tande word deur tandvleis bedek. Tande is nie van been gemaak nie, maar eerder van verskeie weefsels van verskillende digtheid en hardheid. 'n belangrike stof is die mineraal hidroksielapatiet. Die sellulêre weefsel wat uiteindelik tande vorm is afkomstig uit die
- Koorsblaar
- 'n Koorsblaar of herpes labialis is 'n simptoom van infeksie deur die herpesvirus, meestal Tipe 1 oftewel HSV-1
- Omgewingsgesondheid
- Omgewingsgesondheid is die afdeling van openbare gesondheid wat gemoeid is met alle aspekte van die natuur en die opgeboude omgewing wat die mens se gesondheid mag affekteer. Ander terminologie wat op dissipline van omgewingsgesondheid wys sluit in: openbare omgewingsgesondheid, omgewingsgesondheid en omgewingsbeskerming
- Varkgriep
- Varkgriep verwys na griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomiksovirusse wat endemies is tot varke. Varkgriepgeslagslyne wat tot op hede geëien kon word is geklassifiseer as óf influensa C-virus of een van die verskeie subtipes van die genus influensa A-virus
- Prostaatkanker
- Prostaatkanker is 'n kanker van 'n man se prostaatklier en is die kanker wat die algemeenste in mans voorkom. Die klier is begrawe onder die blaas en tussen die rektum, die sluitspier, 'n paar slagare en bondels senuwees. In 'n jong man is dit omtrent so groot soos 'n okkerneut en dit omring 'n deel van die urinekanaal