All Time Top Ten of Conflict for Philosophy
- Demokrasie
- Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense
- Jin en jang
- Jin en jang stel die skeppende krag in die heelal voor wat altyd volkome gebalanseerd moet wees sodat kosmiese energievloei kan plaasvind. Jin is die vroulike of negatiewe pool wat swart, koud en stadig is. Jang is die manlike of positiewe pool wat wit, warm en vinnig is. Die jin-en-jang-simbool dui daarop dat jin voortdurend verander in jang, en jang verander weer voortdurend in jin. Hierdie dubbelsinnige lewensbeskouing van jin en jang vorm die basis van die Chinese filosofie wat vervat is in die boek
- Filosofie
- Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied
- Kennisleer
- Kennisleer is 'n vertakking van die filosofie en behels die studie van die teorie van die oorsprong, die aard, die metodes en die grense van kennis. Dit hou verband met die beginsels waarvolgens onderskei kan word tussen dit wat waar en onwaar is, en dui ook die moontlike grense aan vir ons vermoë om te dink, waar te neem, en te verstaan. Dit word dikwels gekontrasteer met ontologie
- Kommunisme
- Kommunisme verwys na 'n klaslose stelsel van politieke en ekonomiese organisering, ingevolge waarvan eiendom en die produksiemiddele deur die staat besit word en alle burgers deel in die gesamentlike rykdom deur te produseer na hul vermoë en te neem volgens hul behoeftes
- Republiek
- 'n Republiek, in die mees basiese sin, is 'n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense afkomstig is, eerder as vanuit 'n oorerflike of ander beginsel
- Nasiebou
- Nasiebou is die vorming van 'n oorkoepelende nasionale identiteit, om 'n gevoel van samehorigheid en lojaliteit aan die nasie wat deur nasiebou geskep is, te weerspieël. Dié nasionale identiteit word dan deur die bevordering en gebruik van nasionale simbole versterk
- Rassisme
- Rassisme of rassediskriminasie dui op die sosiale, ekonomiese of politiese diskriminasie teenoor 'n persoon gebaseer op ras en/of velkleur. Dit dui nie noodwendig op die haat van een ras teenoor 'n ander nie, maar die uitsluiting of weiering van sekere regte en voorregte, soos destyds toegepas deur die apartheidsregering van Suid-Afrika en die Jim Crow-wette in die VSA
- Kleptokrasie
- Kleptokrasie kom van die Griekse klepto (steel) en kratein (regeer), en beteken dus "regering deur diewe". In teenstelling tot byvoorbeeld demokrasie is dit nie 'n staatsvorm nie; dit word slegs gebruik as pejoratiewe term om (vermeende) selfverrykende regerings en lande aan te dui
- Rassisme in Afrika
- Rassisme in Afrika is veelvlakkig en het eeue gelede begin. Dit is 'n verskynsel wat oral in die wêreld voorkom. Dit kan as gevolg van sterk nasionale bande binne sekere groepe gebeur, wat hulle laat dink ander mense is van minder belang as dié van hul eie nasie, of die gevolg wees van 'n oortuiging dat sommige mense of rasse superieur bo ander is. Die Europese kolonialisme het moontlik 'n rol gespeel om rassisme aan te wakker deur nie die mense en hul leefwyse in die nuutgestigte provinsies in ag te