All Time Top Ten of Conflict for People
- Adolf Hitler
- Adolf Hitler was 'n politikus wat tussen 1934 en 1945 leier van die gewilde Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty was
- Barack Obama
- Barack Hussein Obama II is op 20 Januarie 2009 ingehuldig as die 44ste president van die Verenigde State. Hy het in die Amerikaanse Kongres die amp van Juniorsenator vir die deelstaat Illinois beklee en is die vierde jongste kandidaat wat ooit as president verkies is. Hy is daarnaas ook die eerste boorling van die deelstaat Hawaii wat die presidentsamp beklee
- Justin Bieber
- Justin Drew Bieber is 'n Kanadese pop- en R&B-sanger. Bieber se ouers het video's van hom op YouTube gelaai, waar hy deur sy uiteindelike bestuurder Scooter Braun ontdek is. Braun het gereël dat Bieber met Usher in Atlanta, Georgia in die VSA moes ontmoet, waarna Bieber spoedig 'n kontrak met Raymond Braun Media Group (RBMG) aangebied is. Daarna het hy 'n opneemkontrak met Island Records losgeslaan
- William Shakespeare
- William Shakespeare was 'n Engelse digter en dramaturg en word as die belangrikste skrywer van die Engelse taal, en die wêreld se vernaamste dramaturg geag. Hy het ongeveer 38 toneelstukke en 154 sonnette asook 'n verskeidenheid ander gedigte geskryf. Shakespeare was reeds 'n gewilde skrywer in sy eie leeftyd, maar na sy dood is hy steeds meer geprys en sy werk is deur die eeue heen toenemend vereer deur talle prominente kulturele figure. Hy word gereeld beskou as die nasionale digter van Engeland en daar
- Nelson Mandela
- Nelson Rolihlahla Mandela was die eerste staatshoof (1994–1999) van 'n volledig demokratiese Suid-Afrika. Hy is in 1999 as staatshoof deur Thabo Mbeki opgevolg
- Wladimir Poetin
- Wladimir Wladimirowitsj Poetin is ’n Russiese politikus. Hy was van 2000 tot 2008 die tweede president van Rusland en daarna vier jaar lank eerste minister onder Dmitri Medwedef. Met die presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 is hy weer verkies tot president vir 'n verlengde termyn van ses jaar. Hy is op 7 Mei as president beëdig
- Martin Luther King jr.
- Martin Luther King jr., priester, briljante spreker, gebore leier en kleinseun van 'n slaaf, het sy Christelike beginsels met Mahatma Gandhi se metodes van geweldlose protes gekombineer om die Beweging vir Swart Burgerregte tydens die dekade van sy grootste prestasie, van 1957 tot 1968, te lei
- Michael Jackson
- Michael Joseph Jackson was 'n Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, danser, vermaakpersoonlikheid, besigheidsman en humanis wat as een van die suksesvolste musiekkunstenaars in die geskiedenis van die popmusiek bekend staan. Sy unieke bydraes tot populêre musiek en dans, tesame met sy hoogs gepubliseerde persoonlike lewe, het hom vir vier dekades 'n sentrale figuur van die popkultuur gemaak. Hy het 13 Grammy-toekennings gewen en na raming sowat 750 miljoen albums verkoop. Tydens sy sololoopbaan het hy
- Donald Trump
- Donald John Trump is ’n Amerikaanse sakemagnaat wat as die 45ste President van die Verenigde State van Amerika gedien het. Hy was die Republikeinse Party se kandidaat en het sy Demokratiese teenstander Hillary Clinton op 8 November 2016 in die Amerikaanse presidentsverkiesing verslaan, hoewel hy minder stemme as sy op hom verenig het. Hy is op 20 Januarie 2017 as die 45ste president beëdig. Op 20 Januarie 2021 is hy deur die Demokraat Joe Biden opgevolg, wat hom in die Amerikaanse presidentsverkiesing
- Lionel Messi
- Lionel Andrés "Leo" Messi Cuccittini is 'n Argentynse sokkerspeler wat vir die Franse sokkerklub Paris Saint-Germain speel. Die voorspeler het van 2004 tot 2021 vir FC Barcelona se eerste span gespeel. Messi besit naas Argentynse ook Spaanse burgerskap. Sy bynaam is La Pulga wat hy te danke het aan sy kort lengte en spoed. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 wen hy die trofee vir sy land en word as die speler van die toernooi aangewys