All Time Top Ten of Conflict for Nature

Penis
Die penis of fallus is die uitwendige manlike geslagsorgaan wat by soogdiere ook gebruik word vir urinering. Dit is verwant aan die vroulike klitoris, aangesien dit vanuit dieselfde embriologiese struktuur ontwikkel. Die penis kan 'n ereksie kry en dan gebruik word vir seksuele omgang of masturbasie
Kat
Die kat of huiskat is een van die oudste troeteldiere van die mens. Dit is ’n klein, gewoonlik harige, vleisetende soogdier wat tot die biologiese familie Felidae (katagtiges) behoort. Die ou wetenskaplike naam was Felis domesticus, maar is later vervang deur Felis catus of soms Felis silvestris catus
Aarde
Die Aarde is die derde naaste planeet aan die Son. Dit is die vyfde grootste planeet in die Sonnestelsel en die grootste rotsplaneet wat deursnee, massa en digtheid betref. Die Aarde is die tuiste van miljoene spesies, waaronder die mens, en is die enigste plek in die heelal waar sover bekend lewe bestaan. Die planeet het 4,54 miljard jaar gelede ontstaan en lewe het binne die volgende miljard jaar op sy oppervlak verskyn. Dit het die Aarde se atmosfeer en oppervlak beïnvloed, wat weer gelei het tot die
Periodieke tabel
Die periodieke tabel is 'n voorstelling van die bekende chemiese elemente, gerangskik volgens hul atoomgetal, elektronkonfigurasie en chemiese eienskappe. Elemente word gerangskik volgens toenemende atoomgetal. Die standaardvorm van die tabel bestaan uit ’n rooster van 18 x 7 blokkies, wat die hoofdeel vorm, plus ’n kleiner deel van twee rye onderaan
Hond
Honde is vierpotige soogdiere, naverwant aan wolwe. Verskeie rasse is geteel vir 'n verskeidenheid eienskappe; aanvanklik veral vir jagdoeleindes
Dagga
Dagga is 'n geharde struikagtige plant wat byna oral kan groei. Dit kom voor in streke met 'n warm, vogtige klimaat, soos die Transkei en KwaZulu-Natal. Dagga sluit 3 spesies in: Cannabis sativa, Cannabis indica en Cannabis ruderalis. Hierdie 3 daggaspesies is inheems aan Sentraal-Asië en Suid-Asië. Dagga is vir dekades gebruik vir vesel, saad, saadolie, rekreasie en ook vir medisinale doeleindes
Aardverwarming
Aardverwarming, ook genoem globale verwarming, klimaatverwarming, klimaatontwrigting of klimaatkrisis, verwys na die toename in globale temperatuur sedert die pre-industriële tydperk. Die gemiddelde lugtemperatuur van die Aarde se atmosfeer op grondvlak was van 2011 tot 2020 sowat 1,09 °C hoër as in die tydperk van 1850 tot 1900. Hierdie verwarming gaan gepaard met globale klimaatsveranderinge, soos veranderinge in reënvalpatrone en verwoestyning
Kaas
Kaas is 'n voedsel met 'n hoë inhoud van proteïen en vet, wat uit die gestolde melk van koeie, soms ook bokke, skape, rendiere en waterbuffels vervaardig word. In wese is dit 'n konsentraat van die melk se mees voedsame bestanddele, wat naas proteïen ook kalsium en die vitamine A, B2, B12 en pantoteensuur (B5) insluit. Daar is meer as 2 000 verskillende soorte kaas wêreldwyd, en meestal word stremsel gebruik om melk te laat stol, maar daar is ook soorte waar sure soos asyn en suurlemoensap of
Chemie
Chemie of skeikunde is die wetenskap van materie en die interaksie daarvan met energie. As gevolg van die wye verskeidenheid materie, is chemici dikwels betrokke in die strewe om die wisselwerking tussen atome en molekules wat daaruit gevorm word te bestudeer en te verstaan. Die term "skeikunde" in Afrikaans moet nie verwar word met die onderwerp wat in Engels bekend staan as "separation technology" nie
Goud
Goud is 'n gesogte edelmetaal met 'n heldergeel (goue) kleur. Goud se chemiese nommer is 79 en dit het die simbool Au. Dit het die atoomgetal 92 en 'n relatiewe atoommassa van 196.97. Dit smelt by ongeveer 1 064 °C en kook by ongeveer 2 856 °C. Goud is egter baie sag en word dikwels gelegeer (saamgesmelt) tot 'n stof wat 'n legering of allooi genoem word om dit harder te maak. Die suiwerheid van goud word gewoonlik in karaat gemeet, en 24 karaat word algemeen as suiwer geag. Suiwer goud is die mees