All Time Top Ten of Conflict for History

Sowjetunie
Die Sowjetunie (Сове́тский Сою́з, Sowjetski Sojoez, [sɐˈvʲɛt͡skʲɪj sɐˈjus], luister (hulp·inligting)), amptelik die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR) (Сою́з Сове́тских Социалисти́ческих Респу́блик (СССР), Sojoez Sowjetskich Sotsialistitsjeskich Respoeblik (SSSR), [sɐˈjus sɐˈvʲɛtskʲɪx sətsɨəlʲɪsˈtʲitɕɪskʲɪx rʲɪˈspublʲɪk], luister (hulp·inligting)), was 'n staat in Noord-Eurasië wat bestaan het vanaf
Apartheid
Apartheid, soms geëufemiseer tot afsonderlike ontwikkeling, verwys na 'n politieke bestel, ideologie en beleid wat op rasseklassifikasie gegrond is en tussen 1948 en 1994 as amptelike beleid in Suid-Afrika gegeld het. Die woord apartheid dui oorspronklik op 'n toestand van apart of afgesonder wees. Met die implementering van die Nuwe Benadering van P.W. Botha in 1984 na afloop van die referendum in 1983, is 'n beleid van magsdeling daargestel waarmee tentatiewe stappe gedoen is om ander groepe by die
Geskiedenis (vakgebied)
Die geskiedenis is 'n stelselmatige, chronologiese studie van die verlede met die doel om historiese gebeure so feitlik akkuraat moontlik weer te gee. Gebeure wat plaasgevind het voor die uitvinding van skryf word as voorgeskiedenis beskou. "Geskiedenis" is ’n sambreelterm wat betrekking het op gebeure uit die verlede, sowel as die onthou, ontdekking, versameling, organisasie, voorstelling en vertolking van inligting oor dié gebeure. Historici plaas die verlede in konteks deur die gebruik van historiese
Ottomaanse Ryk
Die Ottomane was Islamitiese Turke wat genoem is na hul stigter, Osman I. Osman was die seun van 'n Turkse hoofman en het 'n reputasie as vaardige krygsman en leier opgebou tydens plundertogte op vestings van die Bisantynse Ryk in noordwes-Turkye. Duisende Turke en Arabiere het hulle by hom aangesluit en mettertyd het hy en sy opvolgers 'n magtige ryk opgebou en die Bisantyne stelselmatig teruggedryf
Eerste Wêreldoorlog
Die Eerste Wêreldoorlog was die eerste oorlog waarby lande van die hele wêreld betrokke was. Dit het van 1914 tot 1918 tussen die Geallieerdes en die Sentrale Moondhede plaasgevind en het al die wêreld se groot moondhede betrek. As gevolg van sy sterk teenwoordigheid in die kollektiewe herinneringe van Frankryk en die Engelstalige wêreld staan dit daar steeds bekend as die Groot Oorlog
Tweede Wêreldoorlog
Die Tweede Wêreldoorlog was 'n wêreldwye militêre konflik wat van 1939 tot 1945 geduur het, alhoewel verwante konflikte al vroeër begin het. Die oorlog was 'n samesmelting van twee konflikte: een wat in Asië begin het as die Tweede Chinees-Japannese Oorlog en die ander wat in Europa begin het met die Inval van Pole. Dit was die mees wydverspreide oorlog in die geskiedenis, en het direkte betrekking gehad op meer as 100 miljoen mense uit meer as 30 lande
Covid-19-pandemie
Die Koronaviruspandemie van 2019-2020 verwys na die uitbreek van die Koronavirussiekte-2019, wat veroorsaak word deur die EARS-KoV-2-virus. Die uitbreek van 'n nuwe stam van die koronavirus is aanvanklik in Desember 2019 in die stad Wuhan, Hubei, Volksrepubliek China geïdentifiseer toe 'n groep mense met longontsteking gediagnoseer is sonder 'n duidelike oorsaak
Nazi-Duitsland
Nazi-Duitsland of die Derde Ryk verwys gewoonlik na Duitsland in die jare tussen 1933 en 1945, toe dit onder die beheer was van Adolf Hitler se diktatorskap en die ideologie van nasionaal-sosialisme
Franse Rewolusie
Die term Franse Rewolusie verwys na die tydperk tussen 14 Julie 1789 en 9 November 1799 in Frankryk toe Republikeinse magte die absolute monargie afgeskaf het. Die oorgang in 'n republikeinse staatsvorm, die Eerste Franse Republiek, het gepaard gegaan met die skeiding van staat en kerk, die afkondiging van talle regte soos die reg op persoonlike vryheid, pers- en meningsvryheid en die gelykheid van alle burgers voor die wet
Armeense volksmoord
Die Armeense Volksmoord verwys na die grootskaalse ontruiming en verwante sterftes van honderde duisende tot dalk meer as 'n miljoen Armeniërs tydens die regering van die Jong Turke van 1915 tot 1916 in die Ottomaanse Ryk