All Time Top Ten of Conflict for Health

Geneeskunde
Geneeskunde is die vakgebied toegespits op die bestudering van die sel-, weefsel- en orgaansisteme, asook die patologiese manifestasies. Sekondêr – sielkunde en psigiatrie. Daar word gestreef na die herstelling van die mens na 'n gesonde toestand d.m.v. diagnose, prognose en voorkoming
Vigs
Verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs), as gevolg van 'n besmetting met die menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV), is 'n sindroom wat die immuunstelsel aanval en geleidelik vernietig. Pasiënte met 'n verswakte immuunstelsel is uiters vatbaar vir sekondêre infeksies, en 'n bepaalde kombinasie van hierdie infeksies word as die sindroom vigs gedefinieer
Ejakulasie
Ejakulasie is die proses van die uitspuit van semen vanuit die penis. Dit gaan gewoonlik gepaard met ’n orgasme, wat weer teweeggebring word deur seksuele prikkeling. Seksuele prikkeling lei egter nie altyd tot ejakulasie nie. Ejakulasie kan ook voorkom gedurende die vinnigeoogbewegingsfase van slaap vanweë seksuele drome. Andersins gebeur dit soms tydens die massering van die prostaat. In skaars gevalle kan dit die gevolg van ’n siektetoestand van die prostaat wees. Ejakulasie word meestal
Malaria
Malaria, afgelei van mala aria, of moeraskoors is 'n parasitiese siekte wat ongeveer 350-500 miljoen mense elke jaar aantas en nagenoeg 1,3 miljoen sterftes tot gevolg het. Die siekte word hoofsaaklik in die trope aangetref. Ongeveer 85% van hierdie sterftes vind in Sub-Sahara Afrika plaas. Die WGO het in April 2016 bekendgemaak dat Europa die eerste gebied van die wêreld is wat in 2015 malariavry geword het. In 1995 was daar nog 90 712 gevalle in hierdie gebied
Covid-19-pandemie in Suid-Afrika
Die destydse minister van gesondheid Zweli Mkhize het bevestig dat die covid-19-pandemie aan die begin van Maart 2020 ook na Suid-Afrika versprei het. Die koronavirussiekte 2019 (covid-19) word veroorsaak deur ernstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2 (SARS-CoV-2
Varkgriep
Varkgriep verwys na griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomiksovirusse wat endemies is tot varke. Varkgriepgeslagslyne wat tot op hede geëien kon word is geklassifiseer as óf influensa C-virus of een van die verskeie subtipes van die genus influensa A-virus
Alzheimersiekte
Alzheimersiekte is 'n progressiewe neurodegeneratiewe siekte met kenmerkende kliniese en patologiese tekens
Leukemie
Leukemie is 'n kwaadaardige bloedsiekte wat hoofsaaklik gekenmerk word deur witbloedselle (leukosiete) wat die onvermoë het om volwassenheid te bereik
Skrotum
Die skrotum is die sak waarin die testikels (teelballe) hang. Dit bestaan uit 'n dun huidlaag met 'n spierlagie daaronder en is deur 'n tussenskot in twee verdeel. Dit kan beskryf word as 'n uitstulping van die abdomen van vel en spier waarin die testikels rus. Die anatomiese ligging daarvan is tussen die penis en die anus. By sekere soogdiere soos die mens, raak die basis van die skrotum bedek met pubiese hare wanneer puberteit aanbreek. Die leek verwar dikwels die skrotum met die testikels. Die skrotum
Prostaatkanker
Prostaatkanker is 'n kanker van 'n man se prostaatklier en is die kanker wat die algemeenste in mans voorkom. Die klier is begrawe onder die blaas en tussen die rektum, die sluitspier, 'n paar slagare en bondels senuwees. In 'n jong man is dit omtrent so groot soos 'n okkerneut en dit omring 'n deel van die urinekanaal