All Time Top Ten of Conflict for Culture
- Wikipedia
- Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
- Afrikaans
- Afrikaans is tipologies beskou 'n Indo-Europese, Wes-Germaanse, Nederfrankiese taal, wat aan die suidpunt van Afrika onder invloed van verskeie ander tale en taalgroepe ontstaan het. Afrikaans is op 8 Mei 1925 as 'n amptelike taal van Suid-Afrika erken en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet, naas Faroëes wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs wat hierdie status in 1984 verkry het
- Ensiklopedie
- 'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis.
Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia
- Olimpiese Spele
- Die Olimpiese Spele bestaan uit twee internasionale sportkompetisies wat elk elke vier jaar gehou word, naamlik: die Somerspele en die Winterspele. Tot en met 1992 was beide die spele in dieselfde jaar gehou, maar sedertdien word hulle met twee jaar intervalle aangebied
- Nederlands
- Nederlands is 'n Wes-Germaanse taal wat deur meer as 24 miljoen moedertaalsprekers in die wêreld gepraat word. Die totale aantal sprekers word geskat op omtrent 29 miljoen. Behalwe dat Nederlands die amptelike taal van Nederland is, is dit ook 'n amptelike taal in België en Suriname
- Real Madrid
- Real Madrid is 'n Spaanse Sokkerklub in die stad Madrid. Real Madrid is op 6 Maart 1902 gestig as Sociedad Madrid FC. Die klub se byname is Los Blancos en Los Merengues. Dit is die suksesvolste klub in Spanje en is deur FIFA as die beste sokkerklub van die 20ste eeu aangewys
- Sokker
- Sokker, soms ook voetbal, is 'n spansport wat tussen twee spanne met elk elf spelers gespeel word, en dikwels as die gewildste sportsoort ter wêreld beskou word. Dit is 'n balspel wat op 'n reghoekige grasveld gespeel word. Die doel van die spel is om punte aan te teken deur die bal in die teenstanders se doelhok te skop. Een van die uitstaande kenmerke van die spel is dat geen spelers behalwe die doelwagter hul hande of arms mag gebruik om die bal te manipuleer nie. Die wenner is die span wat die meeste
- Seks
- Die term seks verwys na die praktiese uitoefening van seksualiteit. In die algemene taalgebruik sluit die term seksuele handelings tussen twee of meer persone in, veral seksuele omgang en ander vergelykbare seksuele praktyke – in bepaalde gevalle ook masturbasie. Dit is ook onder verskeie ander name bekend, soos geslagsgemeenskap of koïtus
- Argitektuur
- Argitektuur is die ambag, kuns en wetenskap om geboue en strukture te ontwerp. Die presiese definisie van boukuns en argitektuur bly sedert die vroeë 20ste eeu omstrede - dit is afhanklik van die betrokke konteks. Die ontwerp en verwesenliking van geboue en strukture het dikwels estetiese, tegniese, ekonomiese en politieke implikasies. Gewoonlik word argitektuur as deeldissipline van die bouwese by die ingenieurswetenskappe gereken
- Rugby
- Rugby, soms ook rugbyunie of vyftienrugby genoem, is ’n volkontakbal- en spansport, wat in die eerste helfte van die 19de eeu in Engeland ontstaan het. Dit is genoem na sy ontstaanplek, die Rugby-skool in die dorp Rugby. Dit is saam met Rugby League een van twee hoofvariante in die rugbyfamilie. ’n Wedstryd word uitgespeel tussen twee spanne met 15 spelers elk, wat op ’n reghoekige veld probeer om in 80 minute meer punte as hul opponent aan te teken. Spelers speel met ’n eiervormige bal wat hulle