All Time Top Ten of Conflict

Wikipedia
Wikipedia is 'n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin 'n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor 'n globale digitale projek met 'n stigting deel en sodoende formele met informele
Suid-Afrika
Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
Adolf Hitler
Adolf Hitler was 'n politikus wat tussen 1934 en 1945 leier van die gewilde Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty was
Verenigde State van Amerika
Die Verenigde State van Amerika, in die omgangstaal ook net Amerika genoem, is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko
Barack Obama
Barack Hussein Obama II is op 20 Januarie 2009 ingehuldig as die 44ste president van die Verenigde State. Hy het in die Amerikaanse Kongres die amp van Juniorsenator vir die deelstaat Illinois beklee en is die vierde jongste kandidaat wat ooit as president verkies is. Hy is daarnaas ook die eerste boorling van die deelstaat Hawaii wat die presidentsamp beklee
Google
Google LLC is 'n multinasionale Amerikaanse onderneming wat op internet-gebaseerde dienste en produkte fokus, waaronder advertensie-verwante tegnologieë, soekenjins, wolkrekenaardienste, sagteware en hardeware. Tans word dit as een van die Big Four of groot vier ondernemings in die tegnologiebedryf beskou - naas Amazon, Apple en Facebook. Die onderneming se missieverklaring is «om die wêreld se inligting te organiseer en dit op 'n universele basis toeganklik en nuttig te maak
Duitsland
Duitsland, amptelik die Bondsrepubliek Duitsland, is in die sentrum van Europa geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie tussen Wes-Europa en die lande van Sentraal- en Oos-Europa
Engels
Engels is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal, met omtrent 335 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk
Afrikaans
Afrikaans is tipologies beskou 'n Indo-Europese, Wes-Germaanse, Nederfrankiese taal, wat aan die suidpunt van Afrika onder invloed van verskeie ander tale en taalgroepe ontstaan het. Afrikaans is op 8 Mei 1925 as 'n amptelike taal van Suid-Afrika erken en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet, naas Faroëes wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs wat hierdie status in 1984 verkry het
Justin Bieber
Justin Drew Bieber is 'n Kanadese pop- en R&B-sanger. Bieber se ouers het video's van hom op YouTube gelaai, waar hy deur sy uiteindelike bestuurder Scooter Braun ontdek is. Braun het gereël dat Bieber met Usher in Atlanta, Georgia in die VSA moes ontmoet, waarna Bieber spoedig 'n kontrak met Raymond Braun Media Group (RBMG) aangebied is. Daarna het hy 'n opneemkontrak met Island Records losgeslaan