2023 Top Ten of Polemic for Religion

Koran
Die Koran is die Heilige Skrifte van die Islam, wat die openbaring bevat wat Mohammed klaarblyklik van die engel Gabriël ontvang het. Ná Mohammed se dood is die openbarings uit aantekeninge en mondelinge oorlewering versamel en geredigeer. Die oudste Koran-redaksie sou dié van kalief Oethman wees. Ander spellings is Quran, Koer'aan Qoer'aan of Qur
Sola Scriptura
Sola Scriptura is die Christelike leer dat die Bybel die hoogste gesag in alle sake van die leer en praktyk is
Tora
Jode glo God praat met die individu sowel as met die Joodse volk deur die Tora, die Heilige Skrifte van Judaïsme wat beskou word as God se geopenbaarde wil of instruksies. Die Tora bestaan uit vyf boeke wat die eerste gedeelte van die Tanag vorm en staan in die Jodedom as gamisjá goemsjei torá, "die vyf vyfdes van die Tora" bekend. Die Griekse benaming is Πεντάτευχος (Pentáteuchos), Latyn: Pentateuchus of Pentateuchum, Afrikaans: Pentateug, letterlik: "vyf boeke" of "vyf boekrolle
Mariaboodskap
Die fees Mariaboodskap of Verkondiging van die Here, ook Annunsiasie, is die Rooms-Katolieke en Oosters-Ortodokse herdenking van die verkondiging deur die aartsengel Gabriël aan die Maagd Maria, dat sy swanger en die moeder van Jesus sal word, wat Jesus se menswording aandui. Gabriël het vir Maria opdrag gegee om haar seun Jesus, letterlik "JHWH is verlossing", te noem
Mandala
’n Mandala is ’n geometriese konfigurasie van simbole. Dit kan in verskeie spirituele tradisies gebruik word om aandag op iets te vestig, as ’n spirituele gids, om ’n gewyde ruimte te skep of as ’n hulpmiddel vir meditasie om of ’n beswyming teweeg te bring. In die Oostelike godsdienste soos Hindoeïsme, Boeddhisme, Djainisme en Sjintoïsme word dit gebruik as ’n kaart om gode voor te stel of, veral in Sjintoïsme, paradyse of heilige plekke
God
Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as
Genesis
Genesis is die eerste boek van die Joodse Tanag, die Samaritaanse Pentateug asook die Christelike Ou Testament. Dit is sodoende die eerste boek van die Bybelse kanon
Soekkot
Soekkot of Sukkot, of die Fees van Insameling, is 'n Joodse fees van sewe dae wat jaarliks op 15 Tisjrie gevier word. Volgens die Gregoriaanse kalender val dit tussen laat September en laat Oktober. Die fees herdenk die 40 jaar lange swerftog van die Israeliete in die Sinaiwoestyn, waartydens hulle in hutte en tente gebly het. Hierdie rondswerwery het na die uittog uit Egipte plaasgevind. Ná die 40-jarige tydperk het hulle in die beloofde land ingetrek. Soekkot begin op 15 Tisjrie, vyf dae ná Jom Kippoer
Christene
Christene glo in die drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel
Athos
Athos of Atos is die naam van ’n berg en skiereiland in die provinsie Masedonië in Griekeland. Die Grieke verwys in die algemeen daarna as die Heilige Berg. Dit is ’n wêrelderfenisgebied en die tuiste van ’n outonome monnikestaat onder Griekse soewereiniteit. Dit bestaan uit 20 Oosters-Ortodokse kloosters