2023 Top Ten of Polemic for Nature
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
- Hier volg ’n sorteerbare lys van inheemse bome van Suider-Afrika met hulle FSA-nommers
- Waterbesoedeling
- Waterbesoedeling is die besoedeling van watermassa. Waterbesoedeling kom voor wanneer die besoedelende stof direk of indirek in die watermassa beland sonder voldoende behandeling om die skadelike stof te verwyder
- Alnus
- Alnus is 'n genus wat hoort tot die familie Betulaceae en bevat ongeveer 30 spesies in die noordelike halfrond. Die bome staan ook bekend as die Els-bome. Dit is 'n vogsoekende loofboom waarvan die bloeisels voor die blare verskyn. Twee bekende Wes-Europese soorte is die swart- en grysels. Hul blare toon 'n ooreenkoms met dié van die haselaar. Die blare val groen van die boom af en vertoon gevolglik geen herfskleure nie
- Sweis - en soldeerwerk
- Sweis- en soldeerwerk word gedoen om metaal- of kunsstofvoorwerpe homogeen te las. By sweiswerk ontstaan heelwat warmte en die materiaal word gedeeltelik vloeibaar gemaak sodat dit geheg kan word. Soldeerwerk geskied by laer temperature en 'n maklike smeltbare metaal word gebruik om 2 voorwerpe mee te las
- Lewe
- Die lewe is ’n karaktertrek van voorwerpe wat kan groei, voortplant en aanpas by hul omgewing, onderskei van dié wat dit nie kan doen nie – óf weens die dood óf omdat hulle lewelose organismes is. Meer komplekse lewende organismes kan op verskeie maniere kommunikeer. ’n Verskeidenheid lewende organismes word op die aarde aangetref: van swamme en bakterieë tot plante en diere
- Waterdraer (sterreteken)
- Die Waterdraer is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 21 Januarie en 19 Februarie gebore is. Dit is die elfde teken van die Diereriem
- Waterdigting
- Waterdigting is die proses om 'n voorwerp of struktuur waterdig of waterbestand te maak, sodat dit steeds relatief onaantasbaar is deur water of weerstand bied teen die binnedringing van water onder bepaalde toestande. Sulke items kan in nat omgewings of onder water gebruik word tot gespesifiseerde dieptes
- Magneetveld
- ’n Magneetveld is die magnetiese invloed van elektriese strome en gemagnetiseerde materie. Die magneetveld by enige gegewe punt word bepaal deur die rigting en sterkte; as sulks is dit ’n vektorveld. Die term word gebruik vir twee verskillende maar naby verwante velde wat deur die simbole B en H aangedui word. Dit word onderskeidelik in tesla en ampère per meter gemeet. B word meestal gemeet in terme van die Lorentzkrag wat dit op bewegende elektriese ladings uitoefen
- Waterkringloop
- Die waterkringloop, ook bekend as die hidrologiese siklus of H2O-siklus, beskryf die voortdurende beweging van water op, oor en onder die oppervlak van die Aarde. Hoewel die balans van water op die langerduur redelik konstant bly, beweeg indiwiduele watermolekules voortdurend in en uit die atmosfeer. Die water beweeg van een reservoir (opgaarplek) na 'n ander, byvoorbeeld van 'n rivier na die oseaan, of van die oseaan na die atmosfeer deur die prosesse van evaporasie, kondensasie, presipitasie, infiltrasie
- Sywurm
- Die sywurm is die larwe van 'n mot. Die insekte word só genoem omdat hulle met hul speekselkliere 'n kokon van sy spin. Die spesie is van groot globale ekonomiese belang, siende dat die syproduksie geheel en al hiervan afhanklik is. Sywurms eet net moerbeiblare. Oorspronklik het dit slegs voorgekom in die noordelike gedeeltes van China en Persië