2023 Top Ten of Polemic for Health

Varkgriep
Varkgriep verwys na griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomiksovirusse wat endemies is tot varke. Varkgriepgeslagslyne wat tot op hede geëien kon word is geklassifiseer as óf influensa C-virus of een van die verskeie subtipes van die genus influensa A-virus
Chirurgie
Die woord chirurgie is afkomstig van die Griekse woorde cheir en ergon, wat onderskeidelik "hand" en "arbeid" beteken. Die woord chirurgie dui op die afdeling van die mediese wetenskap wat dit ten doel het om die pasiënt se ongesteldhede te genees deur ongesonde of beskadigde liggaamsdele of organe te verwyder of om rekonstruksies aan te bring sodat funksionering kan verbeter of algehele herstel kan intree
Ejakulasie
Ejakulasie is die proses van die uitspuit van semen vanuit die penis. Dit gaan gewoonlik gepaard met ’n orgasme, wat weer teweeggebring word deur seksuele prikkeling. Seksuele prikkeling lei egter nie altyd tot ejakulasie nie. Ejakulasie kan ook voorkom gedurende die vinnigeoogbewegingsfase van slaap vanweë seksuele drome. Andersins gebeur dit soms tydens die massering van die prostaat. In skaars gevalle kan dit die gevolg van ’n siektetoestand van die prostaat wees. Ejakulasie word meestal
Stres
Stres is 'n geestes- en fisiologiese toestand waarin die wisselwerkinge tussen 'n mens en sy omgewing daartoe lei dat 'n indiwidu 'n gewaarwording ervaar dat daar 'n wanverhouding is, hetsy werklik aldan nie, tussen die eise van 'n situasie en die vermoë van die persoon se biologiese, sielkundige of sosiale stelsels om dit te hanteer. In geneeskundige terme, is stres die ontwrigting van homeostase deur fisiese of sielkundige prikkels. Stresvolle prikkels kan verstandelike, fisiologiese, anatomiese of
Pandemie
'n Pandemie is 'n aansteeklike of oordraagbare siekte wat vinnig oor 'n land of groter gebied versprei. Dit is in werklikheid 'n epidemie, maar net op 'n wêreldwye skaal
Gordelroos
Gordelroos of herpes zoster, is 'n siekte waar die geïnfekteerde persoon 'n groepering van rooi blasies op die vel kry. Dit neem die vorm van 'n band of gordel oor die liggaam aan, derhalwe die naam gordelroos
Hallusinogeen
'n Hallusinogeen is 'n middel wat hallusinasies veroorsaak. Die woord hallusineer is afgelei van die Latynse woord "hallucinare", wat "ronddwaal in die gees" beteken. Dit laat mense dinge sien en hoor wat nie werklik bestaan nie. Hallusinogene is uiters gevaarlike gifstowwe wat verslawing of selfs dood kan veroorsaak
Geneeskunde
Geneeskunde is die vakgebied toegespits op die bestudering van die sel-, weefsel- en orgaansisteme, asook die patologiese manifestasies. Sekondêr – sielkunde en psigiatrie. Daar word gestreef na die herstelling van die mens na 'n gesonde toestand d.m.v. diagnose, prognose en voorkoming
Psigiatrie
Psigiatrie is dié vertakking van geneeskunde wat bemoeid is met die wetenskap en praktyk van die behandeling van kognitiewe, emosionele, of gedragsversteurings. 'n Psigiater is gemagtig om met die bepaalde mediese opleiding medisyne aan die pasiënt voor te skryf. Daarteenoor is 'n sielkundige iemand wat in die vakgebied sielkunde bekwaam is. 'n Kliniese sielkundige is gespesialiseerd in psigoterapie, en kan nie medisyne voorskryf nie
Tuberkulose
Tuberkulose, ook genoem TB, phthisis, en tering, is 'n algemene en dodelike infektiewe siekte. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2–3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9–10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande