2023 Top Ten of Polemic for Culture

Ensiklopedie
'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis. Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia
Latynse alfabet
Die Latynse alfabet is die alfabet wat deur so te sê alle Westerse tale as skryfmedium gebruik word, insluitend Afrikaans en die ander amptelike tale van Suid-Afrika
Skilpoppe
Skilpoppe is 'n Afrikaanse storieboek en 'n rolprent wat op die storie gebaseer is
Slawiese draak
In die Slawiese mitologie word ’n draak onder meer zmei, zmi, zmaj en żmij (Pools) genoem. Die meeste van dié woorde is die manlike vorm van woorde vir slang, wat gewoonlik vroulik is
Argitektuur
Argitektuur is die ambag, kuns en wetenskap om geboue en strukture te ontwerp. Die presiese definisie van boukuns en argitektuur bly sedert die vroeë 20ste eeu omstrede - dit is afhanklik van die betrokke konteks. Die ontwerp en verwesenliking van geboue en strukture het dikwels estetiese, tegniese, ekonomiese en politieke implikasies. Gewoonlik word argitektuur as deeldissipline van die bouwese by die ingenieurswetenskappe gereken
Fotografie
Fotografie is die tegniek om permanente beelde te skep deur lig op fotosensitiewe materiaal vas te vang. Die ligpatrone word vasgevang deur die fotosensitiewe materiaal vir 'n kort oomblik aan die lig bloot te stel. Die proses word uitgevoer deur óf meganiese/chemiese óf digitale toerusting, wat algemeen bekend staan as die kamera
Hoofmeisie
Hoofmeisie is 'n Afrikaanse rolprent wat op 23 Desember 2011 in teaters dwarsoor Suid-Afrika begin draai het. Dit is in Johannesburg verfilm. Die vervaardig is Danie Bester, die regisseur Morne du Toit en die skrywers is Henk Pretorius en Samuel Ferreira
Moskou-oblast
Moskou-oblast of Podmoskowje (Подмоско́вье) is ’n oblast (deelgebied) van Rusland. Dit lê in die Sentrale Federale Distrik en die administratiewe hoofstad is Moskou
Sambreel
'n Sambreel is 'n opvoubare afdak, vir die beskerming teen reën of sonlig. Dit word gewoonlik uit buigbare plastiek of seil gemaak, met hout- of metaalribbes, gemonteer op 'n hout-, metaal- of plastiekpaal
Mielie
Mielies is 'n graangewas wat oorspronklik in Meso-Amerika verbou is, en daarna oor die Amerikaanse kontinente en ook die res van die wêreld versprei het. Mielies is Suid-Afrika se vernaamste landbouproduk en, soos in die meeste ander Afrikalande, ook die land se stapelvoedsel