2023 Top Ten of Polemic
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
- Hier volg ’n sorteerbare lys van inheemse bome van Suider-Afrika met hulle FSA-nommers
- Waterbesoedeling
- Waterbesoedeling is die besoedeling van watermassa. Waterbesoedeling kom voor wanneer die besoedelende stof direk of indirek in die watermassa beland sonder voldoende behandeling om die skadelike stof te verwyder
- Galg
- ’n Galg is ’n stellasie waarmee terdoodveroordeeldes gehang word. In ou stede het dit dikwels op die sentrale stadsplein of buite die stadsmure gestaan waar teregstellings plaasgevind het. In moderner tye is dit dikwels in tronke opgerig
- Filantroop
- 'n Filantroop is 'n weldoener wat sy persoonlike tyd, geld en goedere aanwend om ander mense te help. Sommige filantrope doen dit deur 'n testament na te laat, terwyl ander dit doen terwyl hulle nog lewe. Mense wat Wikipedia opdateer en sodoende kennis in hulle moedertaal aan ander beskikbaar stel, kan as filantrope gesien word. Ander filantropiese dade sluit in: hulpverlening tydens noodsituasies, skenkings aan behoeftiges, opruimaksies, ens
- Ensiklopedie
- 'n Ensiklopedie is 'n geskrewe versameling van menslike kennis.
Die term kom van die Griekse woorde εγκύκλιος παιδεία, enkyklios paideia
- Alnus
- Alnus is 'n genus wat hoort tot die familie Betulaceae en bevat ongeveer 30 spesies in die noordelike halfrond. Die bome staan ook bekend as die Els-bome. Dit is 'n vogsoekende loofboom waarvan die bloeisels voor die blare verskyn. Twee bekende Wes-Europese soorte is die swart- en grysels. Hul blare toon 'n ooreenkoms met dié van die haselaar. Die blare val groen van die boom af en vertoon gevolglik geen herfskleure nie
- Sweis - en soldeerwerk
- Sweis- en soldeerwerk word gedoen om metaal- of kunsstofvoorwerpe homogeen te las. By sweiswerk ontstaan heelwat warmte en die materiaal word gedeeltelik vloeibaar gemaak sodat dit geheg kan word. Soldeerwerk geskied by laer temperature en 'n maklike smeltbare metaal word gebruik om 2 voorwerpe mee te las
- Lewe
- Die lewe is ’n karaktertrek van voorwerpe wat kan groei, voortplant en aanpas by hul omgewing, onderskei van dié wat dit nie kan doen nie – óf weens die dood óf omdat hulle lewelose organismes is. Meer komplekse lewende organismes kan op verskeie maniere kommunikeer. ’n Verskeidenheid lewende organismes word op die aarde aangetref: van swamme en bakterieë tot plante en diere
- Versamelnaam
- 'n Versamelnaam of versamelwoord is 'n selfstandige naamwoord wat 'n versameling dinge van dieselfde soort aandui. Hoewel versamelwoorde na 'n versameling of groepering verwys, is hulle almal enkelvoude
- Lidwoord
- Die lidwoord is 'n woordsoort en dit word saam met 'n selfstandige naamwoord gebruik. 'n Lidwoord staan voor 'n selfstandige naamwoord om daaraan bepaaldheid of onbepaaldheid te verleen. Die bekendste twee lidwoorde in Afrikaans is die bepaalde lidwoord die en die onbepaalde lidwoord 'n