2023 Top Ten of Conflict for Society
- Filantroop
- 'n Filantroop is 'n weldoener wat sy persoonlike tyd, geld en goedere aanwend om ander mense te help. Sommige filantrope doen dit deur 'n testament na te laat, terwyl ander dit doen terwyl hulle nog lewe. Mense wat Wikipedia opdateer en sodoende kennis in hulle moedertaal aan ander beskikbaar stel, kan as filantrope gesien word. Ander filantropiese dade sluit in: hulpverlening tydens noodsituasies, skenkings aan behoeftiges, opruimaksies, ens
- Lidwoord
- Die lidwoord is 'n woordsoort en dit word saam met 'n selfstandige naamwoord gebruik. 'n Lidwoord staan voor 'n selfstandige naamwoord om daaraan bepaaldheid of onbepaaldheid te verleen. Die bekendste twee lidwoorde in Afrikaans is die bepaalde lidwoord die en die onbepaalde lidwoord 'n
- Anonymous (kollektief)
- Anonymous is 'n gedesentraliseerde internasionale kuberaktivistiese / kuberkraker kollektief / beweging wat algemeen bekend is vir sy verskillende kuberaanvalle teen onder andere verskeie regerings, regeringsinstellings, korporasies en die Kerk van Sciëntologie
- Armoede
- Armoede is die status waarin 'n individu(e) verkeer wanneer die persoon of persone nie hul eie, sowel as die mense wat afhanklik van hulle is, se basiese ekonomiese behoeftes kan bevredig nie. Die mense sukkel dus om te oorleef in 'n moderne samelewing. Gevolglik kan daar nie 'n voldoende lewenstandaard gehandhaaf word nie
- Versamelnaam
- 'n Versamelnaam of versamelwoord is 'n selfstandige naamwoord wat 'n versameling dinge van dieselfde soort aandui. Hoewel versamelwoorde na 'n versameling of groepering verwys, is hulle almal enkelvoude
- Verantwoordelikheid
- Verantwoordelikheid is die verpligting wat op die skouers van 'n persoon rus om 'n gegewe taak wat aan hom of haar opgedra is na sy of haar beste vermoë uit te voer of te verseker dat die taak voltooi word. Alhoewel gesag na ondergeskiktes gedelegeer kan word, sal die verantwoordelikheid altyd op die persoon rus aan wie die aanvanklike taak of opdrag toegeken is.
Verantwoordelikheid is die verpligting om rekenskap te kan gee
- Galg
- ’n Galg is ’n stellasie waarmee terdoodveroordeeldes gehang word. In ou stede het dit dikwels op die sentrale stadsplein of buite die stadsmure gestaan waar teregstellings plaasgevind het. In moderner tye is dit dikwels in tronke opgerig
- Ekonomie
- Ekonomie is die sosiale wetenskap wat die produksie en verbruik van meetbare middele bestudeer. Dit behels die analise van die produksie, verspreiding en verbruik van goedere en dienste. Volkshuishouding is 'n verouderde term vir ekonomie
- Bruto nasionale produk
- Die bruto nasionale produk (BNP) van 'n land is 'n maatstaf in die Ekonomie van die grootte van dié gebied se ekonomie. In die wêreld het die VSA by verre die grootste BNP. Suid-Afrika het rofweg die twintigste grootste BNP indien 'n mens wisselkoerse teen koopkragpariteit verreken
- Geld
- Geld is 'n simboliese voorstelling van waarde. Iets besit slegs waarde as 'n mens dit vir 'n doel kan aanwend wat hom bevoordeel. Byvoorbeeld, volgens Maslow se behoeftehiërargie is die behoefte vir voedsel en beskerming primêr. Dit wil sê in sulke omstandighede van oorlewing het goud geen waarde nie, want dit kan geen voedsel of beskerming aan die mense voorsien nie. Voedsel, klere en skuiling sal dit wees waarna die mens soek. Die vraag is, hoe het "geld" die simbool vir waarde geword