2023 Top Ten of Conflict for Religion
- Koran
- Die Koran is die Heilige Skrifte van die Islam, wat die openbaring bevat wat Mohammed klaarblyklik van die engel Gabriël ontvang het. Ná Mohammed se dood is die openbarings uit aantekeninge en mondelinge oorlewering versamel en geredigeer. Die oudste Koran-redaksie sou dié van kalief Oethman wees. Ander spellings is Quran, Koer'aan Qoer'aan of Qur
- Sola Scriptura
- Sola Scriptura is die Christelike leer dat die Bybel die hoogste gesag in alle sake van die leer en praktyk is
- Athos
- Athos of Atos is die naam van ’n berg en skiereiland in die provinsie Masedonië in Griekeland. Die Grieke verwys in die algemeen daarna as die Heilige Berg. Dit is ’n wêrelderfenisgebied en die tuiste van ’n outonome monnikestaat onder Griekse soewereiniteit. Dit bestaan uit 20 Oosters-Ortodokse kloosters
- Joodse kalender
- Die Joodse kalender, ook Joodse jaartelling of Hebreeuse kalender genoem, is 'n maansonkalender, oftewel lunisolêre kalender, wat deur Jode gebruik word en begin met die jaar waarin glo – volgens die Bybelse berekening – die skepping van die wêreld plaasgevind het. Volgens die Tanag het die skepping van die wêreld deur God in die jaar 3761 v.C. in die maand Tisjrie (herfs) plaasgevind. Gevolglik begin die nuwe jaar op Roosj Hasjana, 'n belangrike tweedaagse periode van gebed en inkeer, wat in
- Tora
- Jode glo God praat met die individu sowel as met die Joodse volk deur die Tora, die Heilige Skrifte van Judaïsme wat beskou word as God se geopenbaarde wil of instruksies. Die Tora bestaan uit vyf boeke wat die eerste gedeelte van die Tanag vorm en staan in die Jodedom as gamisjá goemsjei torá, "die vyf vyfdes van die Tora" bekend. Die Griekse benaming is Πεντάτευχος (Pentáteuchos), Latyn: Pentateuchus of Pentateuchum, Afrikaans: Pentateug, letterlik: "vyf boeke" of "vyf boekrolle
- Afrikaanse Protestantse Kerk
- Die Afrikaanse Protestantse Kerk is 'n kerkverband wat bestaan uit 212 gereformeerde kerke waarvan die meeste in Suid-Afrika geleë is, met sewe gemeentes in Namibië, en een in Londen, Engeland wat hulle ook by die kerkverband gevoeg het. Die totale lidmaattal was in 2017 sowat 31 500
- Jesus van Nasaret
- Jesus van Nasaret, ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós) wat "Gesalfde een" beteken en verwant is aan die Hebreeus-afgeleide "Messias". Die naam "Jesus" is afkomstig van die vernederlandse vorm van die Griekse Ίησους (Iesoûs), wat self 'n Hellenisering van die Hebreeus-Aramese ישוע is
- God
- Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n kleinletter gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat gewoonlik na die god van 'n arbitrêre godsdiens verwys, terwyl wanneer dit binne 'n gegewe godsdiens gebruik word om na daardie godsdiens se eie opperwese(s) te verwys, dit gewoonlik met 'n hoofletter geskryf word. In die Bybel sal daar byvoorbeeld na die Christelike god as
- Allah
- Allah, 'n Arabiese woord, is die hoofnaam vir "God" in die Islamitiese godsdiens en die Arabiessprekende Christendom. Allah word in Islam as die enigste godheid beskou en is reeds in voor-Islamitiese tye as die oppergod vereer. Eeue voor die Islamitiese profeet sy eerste beweerde openbaring in 610 n.C. ontvang en hom vervolgens tot die enigste god verklaar het, het die Lihjaniete en Thamoedeërs as voorgeslagte van die huidige Arabiere al hierdie godheid aanbid en is die naam Allah ook reeds met die Kaäba
- Christene
- Christene glo in die drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel