2023 Top Ten of Conflict for Geography

Pontevedra
Pontevedra is 'n stad in Galisië in die noord-weste van Spanje. Die stad het 'n bevolking van sowat 83 260 in 2020 gehad en het 'n oppervlakte van 118,28 km²
Sewendedagadventisme
Die Sewendedag-Adventiste is 'n Christelike kerkverband waarvan die lidmate glo dat Jesus in die nabye toekoms na die aarde sal terugkeer. Anders as die meeste ander Christelike groepe, onderhou hulle Saterdag as hul godsdienstige rusdag. Die Sewendedag-Adventiste kerk in Suider-Afrika het in 1887 ontstaan en die eerste sendingstasie, in Rhodesië, het in 1893 tot stand gekom
Napels
Napels is die grootste en welvarendste stad in die suide van Italië, geleë teen die noordelike oewer van die Golf van Napels tussen die vulkaniese gebied van die Campi Flegrei in die weste en die vulkaan Vesuvius in die ooste. Napels dien as die administratiewe setel van die streek Kampanië en die provinsie Napels
Suriname
Suriname, amptelik die Republiek van Suriname, is 'n Suid-Amerikaanse republiek, geleë aan die noordooskus van die vasteland en grens in die ooste aan Frans-Guyana, in die weste aan Guyana, in die suide aan Brasilië en in die noorde aan die Atlantiese Oseaan. Suriname is die kleinste onafhanklike staat in Suid-Amerika. Die land het, net soos Suid-Afrika, bande met Nederland wat van die koloniale geskiedenis dateer, hoewel Suriname tot 1954 'n Nederlandse kolonie gebly het. Die land het beduidende
Paramaribo
Paramaribo is die hoofstad en grootste stad van Suriname. Die stad het in 2012 'n bevolking van 240 924 gehad en 'n oppervlakte van 182 km². Paramaribo is waarskynlik 'n verbastering van 'n Indiaanse naam "Parmirbo". Die stad lê aan die wesoewer van die rivier Suriname en aan die kus neffens die Atlantiese Oseaan. Die bynaam van Paramaribo is Par'bo. Die historiese stadsentrum is in 2002 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys
Midde-Ooste
Die Midde-Ooste is 'n transkontinentale streek wat gesentreer is rondom Wes-Asië, Siprus, Turkye (Suidoos-Europa), en Egipte (Noord-Afrika). Die ooreenstemmende byvoeglike naamwoord is Midde-Oosterse, en die afgeleide naamwoord is Midde-Oosterling
Noord-Amerika
Noord-Amerika is 'n kontinent in die Noordelike Halfrond van die Aarde, wat byna uitsluitlik in die Westelike Halfrond geleë is. Dit word in die noorde begrens deur die Arktiese Oseaan, in die ooste deur die noordelike Atlantiese Oseaan, in die suidooste deur die Karibiese See en in die suide en weste deur die noordelike Stille Oseaan. Met 24 709 000 vierkante kilometer beslaan dit 4,8 persent van die aarde se oppervlak en is die derde grootste vasteland na Asië en Afrika
Suid-Afrika
Suid-Afrika, amptelik die Republiek van Suid-Afrika, is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Eswatini. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika
Vanuatu
Vanuatu, amptelik die Republiek Vanuatu, is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië. Dit beslaan 'n oppervlakte van 12 190 km² en het 'n bevolking van 324 895 in 2022 gehad. Vanuatu is in die ooste van Australië, in die suidooste van die Salomonseilande, in die weste van Fidji en in die noordooste van Nieu-Kaledonië geleë. Die hoofstad en grootste stad is Port Vila. Vanuatu is 'n onafhanklike republiek binne die Britse Statebond met 'n president as staatshoof
Europa
Europa is 'n vasteland wat oor die westelike vyfde van die Eurasiese landmassa strek. Alhoewel dit in geografiese opsig eerder as subkontinent geklassifiseer kan word wat saam met Asië die vasteland van Eurasië vorm, word dit vanweë sy historiese en kulturele ontwikkeling meestal as selfstandige kontinent beskou. Eeue lank was Europa in kulturele en ekonomiese opsig die middelpunt van die wêreld. So het die term Europa naas sy geografiese definisie ook betrekking op kulturele, politieke, ekonomiese