2022 Top Ten of Polemic for Technology
- GNU Algemene Publieke Lisensie
- Die GNU Algemene Publieke Lisensie is 'n algemeen gebruikte lisensie vir Vrye Sagteware. Dit is oorspronklik geskryf deur Richard Stallman vir die GNU-projek. Die nuutste weergawe, weergawe 3, is in 2007 vrygestel. Dit vervang weergawe 2 van die lisensie wat al in werking was sedert 1991, terwyl die oorspronklike weergawe 1 in 1989 vrygestel was. Die naam "GNU" is as 'n woordspel op die Engelse woord vir nuut, asook 'n rekursiewe akroniem: "GNU is not Unix
- HTTPS
- Hypertext Transfer Protocol over Secure Socket Layer oftewel HTTPS is 'n URI-skema wat gebruik word om aan te dui dat 'n veilige HTTP-verbinding gemaak is. Dit is sintakties identies aan die http:// skema wat gewoonlik gebruik word om toegang tot hulpbronne te verkry deur die HTTP-protokol. Deur die https: URL te gebruik word aangedui dat die HTTP protokol gebruik moet word maar dat 'n ander TCP-poort (443) by verstek gebruik moet word en dat 'n bykomende laag tussen die HTTP en TCP-protokol ingevoeg moet
- Lys van landskakelkodes
- Hierdie artikel is 'n lys van landskakelkodes soos gedefinieer deur ITU-T aanbeveling E.164
- Tegnologie
- Tegnologie is die som van tegnieke, vaardighede, - metodes, en - prosesse wat gebruik word in die produksie van goedere of dienste of in die vervulling van die doelwitte, soos wetenskaplike ondersoek. Tegnologie kan die kennis wees van tegnieke en prosesse, of dit kan deel wees van masjiene. Stelsels is die toepassing van tegnologie deur die neem van 'n inset, en om dit te verander en te vervaardig, en dan sodoende uitkoms te verkry, dit staan as tegnologiese stelsels bekend
- GNU-lisensie vir vrye dokumentasie
- Die GNU Vrye Dokumentlisensie is 'n kopielinkse lisensie vir vrye dokumentasie wat deur die Stigting vir Vrye Sagteware ontwerp is. Die lisensie is soortgelyk aan die GNU Algemene Publieke Lisensie en gee lesers die reg om die werk te kopieer, aan te pas en te versprei, maar vereis wel dat alle kopieë en afgeleide werke onder dieselfde lisensie beskikbaar gestel word. Kopieë mag ook verkoop word, maar indien die werk in groot hoeveelhede versprei word, moet die oorspronklike werk of bronkode ook
- Honda
- Honda Motor Co., Ltd. is 'n Japannese openbare multinasionale korporasie, wat veral bekend is as 'n vervaardiger van motors, motorfietse en kragtoerusting
- Versleuteling
- Versleuteling of enkripsie soos gebruik in kriptografie is 'n al hoe meer belangrike prosedure om data te beskerm. Versleutelde data kan nie deur ander partye gelees word nie
- Microsoft Windows
- Microsoft Windows is die naam van 'n reeks bedryfstelsels wat deur Microsoft ontwikkel en versprei word. Microsoft het die eerste weergawe van Windows in November 1985 vrygestel as 'n toevoeging tot MS-DOS om aan die groeiende belangstelling in grafiese gebruikerskoppelvlakke te voldoen
- TCP/IP
- TCP/IP is 'n versameling protokolle wat algemeen vir kommunikasie tussen rekenaars gebruik word. Die naam TCP/IP is 'n samestelling van die twee bekendste protokolle van die TCP/IP-protokolsuite, naamlik die transmissiebeheer-protokol (TCP) en het internetprotokol (IP). TCP/IP word as "TCP oor IP" uitgespreek. Die Internet is die grootste en bekendste TCP/IP-netwerk
- Hyundai Equus
- Die Hyundai Equus is 'n volgrootte luukse motor wat van 1999 tot 2016 deur die Suid-Koreaanse maatskappy Hyundai vervaardig is