2022 Top Ten of Polemic for Society
- Letterlike en figuurlike taalgebruik
- Letterlik: Woorde funksioneer presies soos dit beskryf word.
Byvoorbeeld: Die lug is blou. / Die seun skop die bal
- Afrika-unie
- Die Afrika-unie is 'n internasionale organisasie van 55 Afrika-lande. Die hoofstad van die Afrika-unie is Addis Abeba in Ethiopië en die Pan-Afrika Parlement is in Midrand in Suid-Afrika geleë. Die AU se voorganger is die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) wat op 9 Julie 2002 deur die AU vervang is. Die de facto amptelike tale is Arabies, Engels, Frans, Portugees, Spaans en Swahili, terwyl de jure elke taal van Afrika amptelik is. Sedert Marokko se terugkeer op 30 Januarie 2017 is elke Afrikaland lid
- Verantwoordelikheid
- Verantwoordelikheid is die verpligting wat op die skouers van 'n persoon rus om 'n gegewe taak wat aan hom of haar opgedra is na sy of haar beste vermoë uit te voer of te verseker dat die taak voltooi word. Alhoewel gesag na ondergeskiktes gedelegeer kan word, sal die verantwoordelikheid altyd op die persoon rus aan wie die aanvanklike taak of opdrag toegeken is.
Verantwoordelikheid is die verpligting om rekenskap te kan gee
- Voornaamwoord
- 'n Voornaamwoord is 'n woord wat as plekhouer of plaasvervanger vir 'n selfstandige naamwoord dien. In Afrikaans is daar verskillende voornaamwoorde
- Maatskappy
- 'n Maatskappy of kompanjie is, anders as 'n eenmansaak en vennootskap, 'n regspersoon onafhanklik van sy eienaars, wat sy aandeelhouers genoem word. Hy kan dus op sy eie onafhanklik van sy aandeelhouers optree, deur byvoorbeeld kontrakte te sluit en verpligtinge aan te gaan. Op hierdie wyse verkry maatskappye 'n handelingsbevoegdheid wat nie aan 'n persoon of persone gekoppel is nie. Maatskappye het ook nie 'n bepaalde leeftyd nie, maar kan onbeperk voortbestaan. Daar bestaan twee hooftipes maatskappye
- Armoede
- Armoede is die status waarin 'n individu(e) verkeer wanneer die persoon of persone nie hul eie, sowel as die mense wat afhanklik van hulle is, se basiese ekonomiese behoeftes kan bevredig nie. Die mense sukkel dus om te oorleef in 'n moderne samelewing. Gevolglik kan daar nie 'n voldoende lewenstandaard gehandhaaf word nie
- Bywoord
- 'n Bywoord of adverbium is 'n beskrywende woord wat 'n werkwoord, hele sin, byvoeglike naamwoord, telwoord of ander bywoord nader bepaal. Dit verskaf meer inligting oor plek, tyd, wyse of graad. Voorbeelde van bywoorde is: hier, nou, opsetlik, en daarom
- Buskruit
- Buskruit is 'n soort kruit wat in die 9de eeu uitgevind is en was bykans die enigste aandryfmiddel en plofstof tot en met die 19de eeu. Aangesien die verbrandingsprodukte uit ongeveer 60% soliede partikels bestaan wat geneig is om geweerlope te verstop, is dit vervang met ander stowwe soos rooklose kruite en dinamiet. Dit word vandag steeds vervaardig hoofsaaklik vir gebruik in vuurwerke, modelvuurpyl-motors en vir reproduksies van voorlaaiers
- Werkwoord
- Werkwoorde word in die grammatika onderken as 'n klas van woorde wat die handeling (aksie) van 'n sin beskryf. Die werkwoord is die belangrikste woord in 'n sin en is daarom maklik om uit te ken. Tipiese werkwoorde is: eet, loop, praat, spring en ry. As voorbeeld, gegewe die sin: "Ek opdateer wikipedia.", is "opdateer" die werkwoord
- Lettergreep
- 'n Lettergreep is 'n eenheid van organisasie van spraakklanke. Dit bestaan gewoonlik uit 'n lettergreepkern met opsionele aanvangs- en eindklanke. Lettergrepe word gewoonlik gesien as die fonologiese boublokke van woorde