2022 Top Ten of Polemic for Religion
- Satan
- Satan is 'n gevalle aartsengel in die Abrahamitiese gelowe wat deur God uit die hemel gewerp is toe hy teen dié in opstand gekom het. Hy is die leier van die rebellerende gevalle engele wat onder sy aanvoering God verlaat het en wat in religieuse kringe as die verpersoonliking van die kwaad gesien word
- Pan-Islamisme
- Pan-Islamisme is ’n politieke ideologie wat die eenheid van Moslems in een Islamitiese land of staat – dikwels ’n kalifaat – of onder ’n internasionale organisasie met Islamitiese beginsels voorstaan. Dit verskil van ander pan-nasionalistiese ideologieë, soos Pan-Arabisme, deurdat die oemmah beskou word as die fokus van trou en mobilisasie en die grootste gemene faktor, en nie etnisiteit of ras nie. Dit stel Islam voor as antirassisties en teen enigiets wat die mensdom verdeel op grond van
- Blourokke
- Die Spadereën is ‘n internasionale geloofsgemeenskap in die Evangeliese Pinkster tradisie en is die enigste kerkgenootskap wat in Suid-Afrika ontstaan het
- Islam
- Islam is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1
- Taoïsme
- Taoïsme, ook bekend as Daoïsme, is ’n godsdiens- of filosofiese tradisie van Chinese oorsprong met die klem op ’n lewe in harmonie met die Tao. Die Tao is ’n basiese idee in die meeste Chinese filosofiese skole; in Taoïsme dui dit egter op die beginsel wat die bron, patroon en wese is van alles wat bestaan. Taoïsme het parallel aan Confucianisme en Boeddhisme ontwikkel. Dié drie strominge het gesamentlik die grondslag van Neo-Confucianisme gevorm. Taoïsme verskil van Confucianisme deur nie klem
- Poerim
- Poerim is 'n Joodse fees wat die redding van die Jode uit die hande van Haman herdenk. Haman was volgens die Hebreeuse Bybel van plan om al die Jode binne die Achaemenidiese Ryk te vermoor. Die hele Bybelse boek Ester beskryf dié verhaal en die jaarlikse viering van dié fees word in Ester 9,20–23 bepaal. Dit word op 14 Adar in die Joodse kalender gevier en val daarmee in die vroeë lente van Israel. In skrikkeljare word dit op 14 Adar II gevier. In stede wat in die tyd van die Tweede Tempel ommuur was
- Apostel
- 'n Apostel is as begrip in die Christelike tradisie die persoon wat 'n direkte opdrag het van Jesus Christus as "boodskapper". Die apostels word oor berig in die Bybel, veral in die Evangelies en Handelinge
- Tempel
- ’n Tempel is ’n struktuur wat vir godsdienstige of spirituele rituele en bedrywighede soos gebede en offerandes gebruik word. Die woord word gewoonlik gebruik vir sulke geboue in alle gelowe waar daar nie ’n meer spesifieke term soos kerk, moskee of sinagoge bestaan nie. Dit sluit in Hindoeïsme, Boeddhisme, Bahaïsme, Djainisme en Zoroastrisme, asook antieke godsdienste soos dié van Antieke Egipte, Antieke Griekeland en Antieke Rome
- Joodse kalender
- Die Joodse kalender, ook Joodse jaartelling of Hebreeuse kalender genoem, is 'n maansonkalender, oftewel lunisolêre kalender, wat deur Jode gebruik word en begin met die jaar waarin glo – volgens die Bybelse berekening – die skepping van die wêreld plaasgevind het. Volgens die Tanag het die skepping van die wêreld deur God in die jaar 3761 v.C. in die maand Tisjrie (herfs) plaasgevind. Gevolglik begin die nuwe jaar op Roosj Hasjana, 'n belangrike tweedaagse periode van gebed en inkeer, wat in
- Puja
- Puja is ’n aanbiddingsritueel in Hindoeïsme vir een of meer gode, ter ere van ’n gas of om ’n gebeurtenis spiritueel te vier. Die Sanskrit-woord pūjā beteken "eerbiedig, vereer, aanbid". Puja, die liefdevolle offer van lig, blomme en water of kos aan ’n godheid, is ’n essensiële ritueel in Hindoeïsme