2022 Top Ten of Polemic for Nature
- Triceratops
- Triceratops, of die triseratopse of trikeratopse, is ’n genus van plantvretende dinosourusse wat in die Laat Maastricht-tydsnede van die Laat Kryt-periode, sowat 68 miljoen jaar gelede, vir die eerste keer voorgekom het in wat nou Noord-Amerika is. Dit is een van die laaste bekende nie-vlieënde dinosourus-genera en het in die Kryt-Paleogeen-uitwissing 66 miljoen jaar gelede uitgesterf
- Wetenskaplike klassifikasie
- Wetenskaplike klassifikasie of Taksonomie is 'n hulpmiddel wat in die biologie gebruik word om organismes te klassifiseer. 'n Verskeidenheid eienskappe, soos anatomiese, morfologiese, embriologiese en genetiese eienskappe, gedrag, ensovoorts kan gebruik word om die organismes in kategorieë in te deel
- Dagga
- Dagga is 'n geharde struikagtige plant wat byna oral kan groei. Dit kom voor in streke met 'n warm, vogtige klimaat, soos die Transkei en KwaZulu-Natal. Dagga sluit 3 spesies in: Cannabis sativa, Cannabis indica en Cannabis ruderalis. Hierdie 3 daggaspesies is inheems aan Sentraal-Asië en Suid-Asië. Dagga is vir dekades gebruik vir vesel, saad, saadolie, rekreasie en ook vir medisinale doeleindes
- Mynbou
- Mynbou behels die ontginning, deur mynwerkers, van ekonomies-kosbare minerale en ander geologiese materiaal van 'n soom, rif of aar in die aardkors, bevattende die mineraalpakket van ekonomies-ontginbare erts
- Druk
- Druk is 'n intensiewe fisiese grootheid van termodinamiese stelsels.
Druk word gewoonlik uitgedruk as 'n krag wat oor 'n oppervlakte uitgeoefen word en kan wiskundig as volg uitgedruk word
- Vaatplant
- Die vaatplante, tracheofiete of hoër plante is plante in die koninkryk Plantae wat gespesialiseerde weefsels vir die vervoer van water, minerale, en gefotosinteerde produkte deur die plant. Vaatplante sluit in die varings, kolfmosse, perdesterte, bedeksadiges, keëldraende plante en ander naaksadiges. Die wetenskaplike name vir vaatplante is Tracheophyta en Tracheobionta, maar dit word nie gereeld gebruik nie. Nievaatplante sluit vroeër ontwikkelde stamme in Plantae soos mosse, horingblad, en lewermosse
- Aluminium
- Aluminium is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Al en atoomgetal van 13
- Bietou
- Die bietou – ook bekend as die boetabessie – is 'n meerjarige struik wat blom in die lente. Dit is 'n groot, geharde struik, of soms klein bomompie, met 'n grysgroen loof en geel madeliefieblomme en kan ook as 'n klein boompie voorkom. Die struik kan gebruik as 'n heining of windskerm, en word ook aangeplant aan die kus om sandduine te stabiliseer. Dit verkies son en matige water. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys
- Versnelling
- Die versnelling van 'n liggaam verwys na die tempo waarteen die snelheid van die liggaam verander. Dikwels word versnelling gebruik om te verwys na 'n toename in snelheid, terwyl vaartvermindering verwys na 'n afname in snelheid
- Perd
- Die perd is 'n mak hoefdier uit die onewehoewige diere-orde. Dit is een van slegs twee bestaande subspesies van dierspesie Equus ferus, of die wilde perd. Die perd is een van die ongeveer tien huidige spesies van die familie Equidae