2022 Top Ten of Polemic for Geography

Russe
Die Russe is 'n Oos-Slawiese volk van sowat 137 miljoen mense. Hulle is die grootste volk in Europa. Die meeste Russe is Russies-Ortodokse Christene of ongebonde
Mayotte
Mayotte is 'n eiland en oorsese département van Frankryk aan die noordelike punt van die Mosambiekkanaal in die Indiese Oseaan, tussen noordelike Madagaskar en noordelike Mosambiek, met 'n oppervlak van 374 vierkante kilometer en 'n bevolking van 212 645. Die gebied is geografies deel van die Comore-eilande, maar nie polities nie. Dit staan ook as Mahoré bekend, veral onder voorstaanders vir die insluiting daarvan in die Unie van Comore
Bevolking
In die mees algemene sin van die woord is 'n bevolking die versameling mense wat woon in 'n gegewe geografiese area
Nepalese nasionale krieketspan
Die Nepalese nasionale krieketspan, ook bekend as The Rhinos, Gorkhalis of The Cardiac Kids, is die nasionale krieketspan wat Nepal in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Nepal deur die Krieketvereniging van Nepal (CAN) beheer. Nepal speel hul tuiswedstryde in Katmandoe en het tydens die T20I-wêreldbeker 2014 in Bangladesj hul eerste internasionale verskyning gemaak. Nepal word tradisioneel as een van die sterker Asiatiese nasionale krieketspanne buite die vyf toetslande van Suid-Asië
Doebai Internasionale Lughawe
Doebai Internasionale Lughawe is die primêre internasionale lughawe wat Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate bedien, en die wêreld se besigste lughawe volgens internasionale passasiersverkeer, een van die besigste vraglughawens ter wêreld, die besigste lughawe vir Airbus A380- en Boeing 777-bewegings, en die lughawe met die hoogste gemiddelde aantal passasiers per vlug. In 2018 het DXB 89 miljoen passasiers en 2,65 miljoen ton vrag hanteer en 409 493 vliegtuigbewegings geregistreer
Brusselse Hoofstedelike Gewes
Die Brusselse Hoofstedelike Gewes of die Gewes Brussel-Hoofstad is een van die drie Belgiese geweste. Die gewes het 'n bevolking van sowat 1.2 miljoen en 'n oppervlakte van 162 km². Die hoofstad is Brussel. Die amptelike tale is Frans en Nederlands. Die gewes het nie provinsies nie en word omgewe deur die provinsie Vlaams-Brabant van die Vlaamse Gewes
Ethiopië
Ethiopië of Etiopië, amptelik die Federale Demokratiese Republiek Ethiopië, is 'n landingeslote land in Oos-Afrika in die Horing van Afrika. Ethiopië grens in die noorde aan Eritrea, in die ooste aan Djiboeti en Somalië, in die suide aan Kenia en in die weste aan Soedan en Suid-Soedan. Die land beslaan 'n oppervlakte van 1 104 300 km² en het in 2021 'n bevolking van meer as 117 miljoen gehad. Die hoofstad en grootste stad is Addis Abeba, wat sentraal in Ethiopië geleë is
Al Maktoum Internasionale Lughawe
Al Maktoum Internasionale Lughawe (IATA: DWC – ICAO: OMDW, ook bekend as Dubai World Central, is 'n internasionale lughawe in Jebel Ali, 37 kilometer suidwes van die stad Doebai, Verenigde Arabiese Emirate wat op 27 Junie 2010 geopen is. Dit is in die hoofgedeelte van Doebai-Suid, 'n beplande residensiële, kommersiële en logistieke kompleks
Israel
Israel, ook Israël, amptelik die Staat Israel, is 'n demokratiese grondwetlike republiek in die Midde-Ooste en antieke tuisland van die Jode. Dit oorvleuel gedeeltelik met Palestina, tuisland van die Palestyne. Israel word begrens deur Sirië en Libanon in die noorde, Jordanië in die ooste, Egipte in die suidweste en die Middellandse See in die weste. Die amptelike hoofstad is Jerusalem, die setel van die presidentswoning, regeringskantore, hooggeregshof en die parlement (Knesset). Die sentrum van
Nedersetting
'n Nedersetting of lokaliteit is 'n plek waar 'n groep mense woon of, in die verlede gewoon het. Dit sluit gehuggies, dorpe, buurte, stede en metropole in, ongeag van grootte of belangrikheid daarvan. 'n Nedersetting sluit ook die opgeboude infrastruktuur, soos huise, kerke, paaie, parke, damme en so meer in