2022 Top Ten of Polemic for Culture
- Engelse Wikipedia
- Die Engelse weergawe van Wikipedia was die eerste uitgawe van hierdie aanlynensiklopedie en is op 15 Januarie 2001 begin. Na omtrent vyf jaar is die miljoenste artikel in Maart 2006 geskep. Hiermee laat hulle die ander Wikipedias, soos die Duitse, Franse en die Nederlandse Wikipedias, ver agter. Slegs een-en-'n-halfjaar later, op 9 September 2007 bereik die Engelstalige Wikipedia reeds hulle tweemiljoenste artikel, op 17 Augustus 2009 hulle driemiljoenste artikel, op 13 Julie 2012 hulle viermiljoenste
- Proteas
- Die Proteas is die nasionale krieketspan wat Suid-Afrika in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Krieket Suid-Afrika (KSA) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Die Proteas is na die koningsprotea, die nasionale blom van Suid-Afrika, genoem. Krieket is een van Suid-Afrika se nasionale sportsoorte en die Proteas behoort tot dié land se vernaamste nasionale spanne. Die Proteas is tans vierde op die IKR
- Minecraft
- Minecraft is 'n gewilde Sweedse sandput-oorlewingsvideospeletjie. Dit is in 2009 deur Mojang Studios geskep. Die spel is tans beskikbaar en opgedateer op Windows, Mac, Linux, iOS, Android, Xbox 360, Xbox One, Xbox Series X, PlayStation3, PlayStation4, PlayStation5, PlayStation Vita, Wii U, New Nintendo 3DS, Nintendo Switch en op sekere virtuele werklikheid headset-handelsmerke
- Olimpiese Spele
- Die Olimpiese Spele bestaan uit twee internasionale sportkompetisies wat elk elke vier jaar gehou word, naamlik: die Somerspele en die Winterspele. Tot en met 1992 was beide die spele in dieselfde jaar gehou, maar sedertdien word hulle met twee jaar intervalle aangebied
- Fotografie
- Fotografie is die tegniek om permanente beelde te skep deur lig op fotosensitiewe materiaal vas te vang. Die ligpatrone word vasgevang deur die fotosensitiewe materiaal vir 'n kort oomblik aan die lig bloot te stel. Die proses word uitgevoer deur óf meganiese/chemiese óf digitale toerusting, wat algemeen bekend staan as die kamera
- Madagascar (rolprent)
- Madagascar is 'n rekenaargeanimeerde familie-/buddy-rolprent van 2005 wat deur Eric Darnell en Tom McGrath geregisseer is. Die stemme van Ben Stiller, Chris Rock, David Schwimmer, Jada Pinkett Smith kom onder andere daarin voor. Die rolprent is deur Mireille Soria vervaardig en deur die verspreidingsfirma DreamWorks Pictures versprei. Die draaiboek is deur Mark Burton, Billy Frolick, Eric Darnell en Tom McGrath geskryf met musiek van Hans Zimmer, wat ook musiek vir die rolprente The Lion King en The Prince
- Videospeletjie
- 'n Videospeletjie is 'n elektroniese speletjie wat op 'n TV, rekenaar of elektroniese video-apparaat gespeel word. Hierdie speletjies is toenemend beskikbaar vir ander stelsels en rekenaars, soos PDA's, selfone, tablette en draagbare speletjierekenaars. Rekenaarspeletjies met skerms word videospeletjies genoem. Daarbenewens is daar rekenaarspeletjies wat gebaseer is op klank of teks, of rekenaarspeletjies met 'n speelbord of ander fisieke sport- of speeltoerusting. Speletjies kan vir herverspreiding en/of
- FIFA-wêreldranglys
- Die FIFA-wêreldranglys word sedert Desember 1992 deur FIFA gepubliseer om lande se nasionale sokkerspanne volgens prestasie van die sterkste tot die swakste te sorteer
- Werkersdag
- Werkersdag is 'n nasionale vakansiedag wat die werkers van 'n land huldig. Dit word in verskeie lande, insluitende Suid-Afrika gevier. Dit hou histories met die arbeidersbewegings en die Meidagfeesvieringe in ander dele van die wêreld verband
- As jy sing
- As jy sing is 'n Afrikaanse rolprent wat op 12 November 2013 in Suid-Afrika vrygestel is. Die hoofrolle word deur Bobby van Jaarsveld en Leah van Niekerk vertolk. Die rolprent het goed by die loket gevaar en het sewe persent meer verdien in sy openingsnaweek as die vorige jaar se treffer, Semi-soet