2022 Top Ten of Conflict for Technology

Tegnologie
Tegnologie is die som van tegnieke, vaardighede, - metodes, en - prosesse wat gebruik word in die produksie van goedere of dienste of in die vervulling van die doelwitte, soos wetenskaplike ondersoek. Tegnologie kan die kennis wees van tegnieke en prosesse, of dit kan deel wees van masjiene. Stelsels is die toepassing van tegnologie deur die neem van 'n inset, en om dit te verander en te vervaardig, en dan sodoende uitkoms te verkry, dit staan as tegnologiese stelsels bekend
GNU Algemene Publieke Lisensie
Die GNU Algemene Publieke Lisensie is 'n algemeen gebruikte lisensie vir Vrye Sagteware. Dit is oorspronklik geskryf deur Richard Stallman vir die GNU-projek. Die nuutste weergawe, weergawe 3, is in 2007 vrygestel. Dit vervang weergawe 2 van die lisensie wat al in werking was sedert 1991, terwyl die oorspronklike weergawe 1 in 1989 vrygestel was. Die naam "GNU" is as 'n woordspel op die Engelse woord vir nuut, asook 'n rekursiewe akroniem: "GNU is not Unix
Spraaksintese
Spraaksintese verwys na die kunsmatige produksie van menslike spraak, beide in die tegniese sin waar verwys word na die fisiese generasie van spraakseine, sowel as die breër onderwerp. Hierdie artikel handel oor die breër onderwerp
HTTPS
Hypertext Transfer Protocol over Secure Socket Layer oftewel HTTPS is 'n URI-skema wat gebruik word om aan te dui dat 'n veilige HTTP-verbinding gemaak is. Dit is sintakties identies aan die http:// skema wat gewoonlik gebruik word om toegang tot hulpbronne te verkry deur die HTTP-protokol. Deur die https: URL te gebruik word aangedui dat die HTTP protokol gebruik moet word maar dat 'n ander TCP-poort (443) by verstek gebruik moet word en dat 'n bykomende laag tussen die HTTP en TCP-protokol ingevoeg moet
Programmeerder
Rekenaarprogrammeerders of rekenaarprogrammeurs skep, wysig en toets die vorms, skripte en bronteks wat vir die rekenaar sê wat om te doen. Hulle dien as die skakel tussen die operateur en die rekenaar
Toyota
Toyota is 'n reuse Japannese motorvervaardiger met sy hoofkantoor in Toyotastad, Aichi, Japan. Sedert 1933 vervaardig die maatskappy voertuie met die grootste afsetgebied vir sy produkte in Japan, Europa, Afrika, Asië en Noord-Amerika. Die Toyota Motor Co is in 1937 as 'n onafhanklike maatskappy gestig. In 2008 oortref Toyota se verkope dié van General Motors, wat Toyota sederdien nommer een in die wêreld maak
IP-adres
'n IP-adres is 'n unieke nommer, soortgelyk aan 'n telefoonnommer, wat deur masjiene gebruik word om na ander masjiene te verwys wanneer inligting oor die Internet versend moet word; die Internetprotokol bestuur hierdie kommunikasie
Lys van landskakelkodes
Hierdie artikel is 'n lys van landskakelkodes soos gedefinieer deur ITU-T aanbeveling E.164
Wiki
'n Wiki of wiki is 'n webwerf wat 'n gebruiker toelaat om inhoud by te voeg, net soos in 'n Internetforum, maar maak ook die verandering daarvan deur enige ander gebruiker moontlik
GNU-lisensie vir vrye dokumentasie
Die GNU Vrye Dokumentlisensie is 'n kopielinkse lisensie vir vrye dokumentasie wat deur die Stigting vir Vrye Sagteware ontwerp is. Die lisensie is soortgelyk aan die GNU Algemene Publieke Lisensie en gee lesers die reg om die werk te kopieer, aan te pas en te versprei, maar vereis wel dat alle kopieë en afgeleide werke onder dieselfde lisensie beskikbaar gestel word. Kopieë mag ook verkoop word, maar indien die werk in groot hoeveelhede versprei word, moet die oorspronklike werk of bronkode ook