2022 Top Ten of Conflict for Society
- Armoede
- Armoede is die status waarin 'n individu(e) verkeer wanneer die persoon of persone nie hul eie, sowel as die mense wat afhanklik van hulle is, se basiese ekonomiese behoeftes kan bevredig nie. Die mense sukkel dus om te oorleef in 'n moderne samelewing. Gevolglik kan daar nie 'n voldoende lewenstandaard gehandhaaf word nie
- Letterlike en figuurlike taalgebruik
- Letterlik: Woorde funksioneer presies soos dit beskryf word.
Byvoorbeeld: Die lug is blou. / Die seun skop die bal
- Piramideskema
- 'n Piramideskema is 'n nie-volhoubare besigheidsmodel. Dit is die uitruil van geld wat hoofsaaklik vir ander mense wat hoër op die skema is. Daar word gewoonlik geen dienste of produkte gelewer nie, en is onwettig in verskeie lande. Piramideskemas bestaan al vir meer as 'n eeu
- Bywoord
- 'n Bywoord of adverbium is 'n beskrywende woord wat 'n werkwoord, hele sin, byvoeglike naamwoord, telwoord of ander bywoord nader bepaal. Dit verskaf meer inligting oor plek, tyd, wyse of graad. Voorbeelde van bywoorde is: hier, nou, opsetlik, en daarom
- Maatskappy
- 'n Maatskappy of kompanjie is, anders as 'n eenmansaak en vennootskap, 'n regspersoon onafhanklik van sy eienaars, wat sy aandeelhouers genoem word. Hy kan dus op sy eie onafhanklik van sy aandeelhouers optree, deur byvoorbeeld kontrakte te sluit en verpligtinge aan te gaan. Op hierdie wyse verkry maatskappye 'n handelingsbevoegdheid wat nie aan 'n persoon of persone gekoppel is nie. Maatskappye het ook nie 'n bepaalde leeftyd nie, maar kan onbeperk voortbestaan. Daar bestaan twee hooftipes maatskappye
- Voornaamwoord
- 'n Voornaamwoord is 'n woord wat as plekhouer of plaasvervanger vir 'n selfstandige naamwoord dien. In Afrikaans is daar verskillende voornaamwoorde
- Afrika-unie
- Die Afrika-unie is 'n internasionale organisasie van 55 Afrika-lande. Die hoofstad van die Afrika-unie is Addis Abeba in Ethiopië en die Pan-Afrika Parlement is in Midrand in Suid-Afrika geleë. Die AU se voorganger is die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) wat op 9 Julie 2002 deur die AU vervang is. Die de facto amptelike tale is Arabies, Engels, Frans, Portugees, Spaans en Swahili, terwyl de jure elke taal van Afrika amptelik is. Sedert Marokko se terugkeer op 30 Januarie 2017 is elke Afrikaland lid
- Verantwoordelikheid
- Verantwoordelikheid is die verpligting wat op die skouers van 'n persoon rus om 'n gegewe taak wat aan hom of haar opgedra is na sy of haar beste vermoë uit te voer of te verseker dat die taak voltooi word. Alhoewel gesag na ondergeskiktes gedelegeer kan word, sal die verantwoordelikheid altyd op die persoon rus aan wie die aanvanklike taak of opdrag toegeken is.
Verantwoordelikheid is die verpligting om rekenskap te kan gee
- Groepsgebiedewet
- Groepsgebiedewet was die titel van drie wette van die Parlement van Suid-Afrika wat uitgevaardig is onder die land se apartheidsregering. Die wet het rassegroepe in stadsgebiede in verskillende woon- en sakegedeeltes ingedeel volgens 'n stelsel van stedelike apartheid. 'n Uitwerking van die wet was dat mense van kleur uitgesluit is van die bes ontwikkelde woongebiede, wat beperk was tot wit mense. Dit het meegebring dat baie bruin mense groot afstande van hulle huise na hulle werk moes aflê. Van die mense
- NAVO
- Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie is 'n militêre bondgenootskap wat tot stand gekom het met die ondertekening van die Noord-Atlantiese Verdrag op 4 April 1949. Die organisasie se hoofkantoor is in Brussel in België geleë. Die organisasie het 'n stelsel van gemeenskaplike verdediging daargestel waar die lidlande instem om mekaar te verdediging in geval van 'n aanval deur 'n eksterne party. Hierdie verdrag het 'n militêre bondgenootskap gesluit wat later die Westerse Europese Unie sou word. Die