2022 Top Ten of Conflict for Religion
- NG gemeente Steynsrus
- Die NG gemeente Steynsrus is 'n Vrystaatse gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Ring van Lindley
- Drie-eenheid
- Die Christelike leerstelling van die Drie-eenheid leer dat God een God is, maar drie saambestaande persone – die Vader, die Seun en die Heilige Gees
- Druïdisme
- Druïdisme is 'n stelsel van godsdiens, filosofie en onderrig van die Druïde wat die bewaarders was van die voor- of vroeg-Keltiese gelowe. Hulle was die krag wat eenheid gesmee het tussen die verskillende Keltiese groeperinge. Hierdie kaste oud-priesters of towenaars word soms met paganisme gekoppel en is 'n mistieke orde wat georganiseer was onder drie hoofde, naamlik die Barde (Digtersangers), Ovate en Druïde.Barde, die eerste orde, het deur opleiding gespesialiseer in vakgebiede soos musikale kunste
- Apostoliese Kerke
- Die Ou Apostoliese Kerk en Nuwe Apostoliese Kerk, is Christelike kerke wat in die algemeen as Apostolies bekend staan. Hierdie kerke het ontstaan uit die Katoliek Apostoliese Kerk uit wat weer ontstaan het uit die Albury Konverensies uit wat in die 1820’s onder leiding van Henry Drummond plaasgevind het
- Islam
- Islam is een van die drie groot monoteïstiese godsdienste, saam met Christendom en Judaïsme. Volgelinge van Islam staan bekend as Moslems1
- Hindoeïsme (eerste artikel)
- Hindoeïsme is die dominante religie in Indië, Nepal en van ongeveer 'n halfmiljoen mense van Indiese oorsprong in Suid-Afrika
- Paasfees
- Paasfees is een van die belangrikste gelowige feeste in die Christelike kerklike jaar en word tussen laat Maart tot vroeg April gevier. Paasfees vier die opstanding van Jesus Christus, wat, volgens sy volgelinge, op die derde dag na sy kruisiging uit die dood uit opgestaan het
- The Satanic Bible
- The Satanic Bible is in die Walpurgisnag van die jaar 1968 deur Anton Szandor LaVey (1930-1997), die stigter van die Kerk van Satan, geskryf. Sy "Sataniese Bybel" is 'n versameling essays, opmerkings en grondleggende Sataniese rituele. Die boek verduidelik daarnaas ook LaVey se Satanise ideologie, wat na sy bewering onder meer deur Macchiavelli, Friedrich Nietzsche, Ragnar Redbeard en Ayn Rand beïnvloed is
- Joodse kalender
- Die Joodse kalender, ook Joodse jaartelling of Hebreeuse kalender genoem, is 'n maansonkalender, oftewel lunisolêre kalender, wat deur Jode gebruik word en begin met die jaar waarin glo – volgens die Bybelse berekening – die skepping van die wêreld plaasgevind het. Volgens die Tanag het die skepping van die wêreld deur God in die jaar 3761 v.C. in die maand Tisjrie (herfs) plaasgevind. Gevolglik begin die nuwe jaar op Roosj Hasjana, 'n belangrike tweedaagse periode van gebed en inkeer, wat in
- Ou Apostoliese Kerk
- Die Ou Apostoliese Kerk is 'n Christelike gemeenskap wat ontstaan het uit die Albury-beweging, wat in 1832 gelei het tot die ontstaan van die Katoliek Apostoliese Kerk, en later die Nuwe Apostoliese Kerk. Die Ou Apostoliese Kerk is deel van 'n groep kerke wat as Irvingisme bekendstaan en glad nie deel van die Protestante kerke nie