2022 Top Ten of Conflict for Philosophy

Demokrasie
Demokrasie is 'n regeringsvorm gekenmerk deur gereelde en vrye verkiesings waaraan meer as een party kan deelneem, verskanste burgerregte en vrye media. Die woord het sy oorsprong uit die Griekse δημοκρατíα, wat bestaan uit δημος, κρατειν en die agtervoegsel íα. Dit beteken dus "regering deur die mense
Nasiebou
Nasiebou is die vorming van 'n oorkoepelende nasionale identiteit, om 'n gevoel van samehorigheid en lojaliteit aan die nasie wat deur nasiebou geskep is, te weerspieël. Dié nasionale identiteit word dan deur die bevordering en gebruik van nasionale simbole versterk
Populisme
Populisme, word gedefinieer as óf 'n ideologie, 'n politieke filosofie of 'n blote besprekingsvorm, en is 'n soort polities-sosiale gedagtegang wat "die mense" opstel teenoor "die elite", wat sodoende sosiale en politieke stelseloorgange voorstaan, en/of ontplooiing van 'n retoriese styl deur lede van politieke of sosiale bewegings. Dit word deur die Cambridge woordeboek omskryf as "politieke idees en aktiwiteite wat ten doel het om gewone mense se behoeftes en wense te vervul
Kleptokrasie
Kleptokrasie kom van die Griekse klepto (steel) en kratein (regeer), en beteken dus "regering deur diewe". In teenstelling tot byvoorbeeld demokrasie is dit nie 'n staatsvorm nie; dit word slegs gebruik as pejoratiewe term om (vermeende) selfverrykende regerings en lande aan te dui
Federasie
'n Federasie is 'n vereniging van state onder 'n federale bestuur wat gemeenskaplike belange soos verdediging, buitelandse sake en dergelike behartig, maar waarby die state hulle soewereiniteit behou
Kennis
Kennis is iemand se bewustheid of begrip van iets soos feite, inligting, ervaring of vaardighede wat verkry word deur ondervinding of deur opvoeding danksy waarneming, ontdekking of die leerproses. Kennis kan teoreties wees of prakties
Marxisme
Marxisme is die teoretiese grondslag vir moderne kommunisme, gebaseer op die ideë en denkbeelde van Karl Marx en Friedrich Engels
Goue Reël
Die Goue Reël is 'n etiese kode en leefreël wat sê:(Positiewe vorm): Behandel ander soos jy wil hê hulle jou moet behandel. (Negatiewe vorm, ook die silwer reël genoem): Moenie aan ander doen wat jy nie wil hê hulle aan jou moet doen nie
Allegorie van die grot
Die allegorie van die grot is een van die bekendste uittreksels uit die Griekse filosoof Plato se werke. Dit maak deel uit van sy dialoog Staat, wat fokus op die wese van die regverdigheid en poog selfs om 'n bloudruk te probeer stel vir die ideale staat. In die allegorie van die grot lê Plato sy opvattings uit oor menswees en die menslike kennis se verhouding met die realiteit
Filosofie
Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied