2022 Top Ten of Conflict for Nature
- Aardverwarming
- Aardverwarming, ook genoem globale verwarming, klimaatverwarming, klimaatontwrigting of klimaatkrisis, verwys na die toename in globale temperatuur sedert die pre-industriële tydperk. Die gemiddelde lugtemperatuur van die Aarde se atmosfeer op grondvlak was van 2011 tot 2020 sowat 1,09 °C hoër as in die tydperk van 1850 tot 1900. Hierdie verwarming gaan gepaard met globale klimaatsveranderinge, soos veranderinge in reënvalpatrone en verwoestyning
- Aarde
- Die Aarde is die derde naaste planeet aan die Son. Dit is die vyfde grootste planeet in die Sonnestelsel en die grootste rotsplaneet wat deursnee, massa en digtheid betref. Die Aarde is die tuiste van miljoene spesies, waaronder die mens, en is die enigste plek in die heelal waar sover bekend lewe bestaan. Die planeet het 4,54 miljard jaar gelede ontstaan en lewe het binne die volgende miljard jaar op sy oppervlak verskyn. Dit het die Aarde se atmosfeer en oppervlak beïnvloed, wat weer gelei het tot die
- Kat
- Die kat of huiskat is een van die oudste troeteldiere van die mens. Dit is ’n klein, gewoonlik harige, vleisetende soogdier wat tot die biologiese familie Felidae (katagtiges) behoort. Die ou wetenskaplike naam was Felis domesticus, maar is later vervang deur Felis catus of soms Felis silvestris catus
- Plastiek
- Plastiek is 'n ekonomies nuttige en veelsydige petrochemiese materiaal waarvan die vorm maklik gegiet of verander kan word. Dit word algemeen in die vervaardiging van goedere of vir verpakking gebruik. Daar is verskeie tipes plastiek. Sommige kan slegs tydens vervaardiging gevorm word, waarna dit verhard. Ander kan deur dit te smelt weer in nuwe vorme gegiet word
- Krugerwildtuin
- Die Nasionale Krugerwildtuin is die grootste wildreservaat in Suid-Afrika, en 'n trekpleister vir internasionale en plaaslike toeriste. Die park strek ongeveer 360 kilometer van noord na suid en gemiddeld 65 kilometer van oos na wes. Die park grens in die ooste aan Mosambiek en in die noorde aan Zimbabwe. Die park strek oor die Laeveld van twee Suid-Afrikaanse provinsies, Mpumalanga en Limpopo
- Hond
- Honde is vierpotige soogdiere, naverwant aan wolwe. Verskeie rasse is geteel vir 'n verskeidenheid eienskappe; aanvanklik veral vir jagdoeleindes
- Waterstof
- Waterstof is die chemiese element met atoomgetal 1. Dit word voorgestel deur die simbool H. By standaardtemperatuur en -druk, is waterstof 'n kleurlose, reuklose, nie-metaalagtige, smaaklose en hoogs vlambare diatomiese gas met die molekulêre formule H2. Met 'n atomiese gewig van 1,00794, is waterstof die ligste element
- Atoom
- 'n Atoom is 'n submikroskopiese struktuur wat in alle gewone materie voorkom. Atome bestaan uit subatomiese partikels: elektrone, protone, en neutrone. Atome het die geneigdheid om te kombineer om molekule te vorm. Die watermolekuul bestaan byvoorbeeld uit twee waterstofatome en een suurstofatoom. Atome is die fundamentele boustene van chemie en word nie vernietig in chemiese reaksies nie. Slegs 91 tipes chemiese boustene, of chemiese elemente, word natuurlik op die aarde gevind, en word geklassifiseer in
- Fotosintese
- Fotosintese is 'n belangrike biochemiese proses waarmee plante, alge, en sommige bakterieë die energie van sonlig benut om voedsel te vervaardig. Die meeste lewende organismes is per slot van rekening direk of indirek afhanklik van fotosintese vir hulle voedsel. Dit is verantwoordelik vir die vervaardiging van suurstof wat 'n groot deel van die aarde se atmosfeer uitmaak. Organismes wat energie omskakel deur middel van fotosintese word fototrowe genoem. Daar word geraam dat meer as die helfte van alle
- Digtheid
- Digtheid dui op die hoeveelheid stof per volume of op die aantal items per volume of oppervlakte. Die digtheid van 'n stof is 'n mate van massa per eenheid volume. Hoe hoër 'n voorwerp se digtheid, hoe hoër is sy massa per volume. Die gemiddelde digtheid van 'n voorwerp is gelyk aan sy totale massa gedeel deur sy totale volume. 'n Meer digte voorwerp het minder volume as 'n gelyke massa van 'n minder digte stof