2022 Top Ten of Conflict for History
- Omajjadiese Kalifaat
- Die Omajjadiese Kalifaat was die tweede van vier Islamitiese kalifate wat ná die dood van Mohammed gestig is. Dit is geregeer deur die Omajjadiese dinastie, wie se naam kom van Omajja ibn Abd Sjams, die oupagrootjie van die eerste Omajjadiese kalief. Hoewel die Omajjad-familie oorspronklik van die stad Mekka gekom het, was Damaskus die kalifaat se hoofstad. Die Omajjadiese Kalifaat het die Moslem-verowerings voortgesit deur die Transoxiana, Sindh, Maghreb en die Iberiese Skiereiland (Al-Andalus) in die
- 1 Januarie
- 1 Januarie is nuwejaarsdag, die eerste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Dit is ook die eerste dag van die eerste kwartaal van die jaar. Daar volg nog 364 dae in die res van die jaar
- 3de eeu v.C.
- Die 3de eeu v.C. het geduur van 300 tot 201 v.C
- Britse mandaat van Palestina
- Die Britse Mandaat van Palestina, soms na verwys as die Mandaat van Palestina, was 'n Volkebondmandaat wat na die Eerste Wêreldoorlog ontstaan het toe die Ottomaanse Ryk volgens die Verdrag van Sèvres verdeel is. Die Britse Mandaat van Palestina het bestaan uit die gebied van die hedendaagse Jordanië, Israel, die Wesoewer en die Gasastrook. Die grense van die Mandaat van Palestina het gestrek van die Middellandse See tot die weste van die Franse Mandaat van Libanon, Franse Mandaat van Sirië, en die
- Tweede Vryheidsoorlog
- Die Tweede Vryheidsoorlog of Anglo-Boereoorlog was 'n oorlog tussen die Boererepublieke van die Oranje-Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek aan die een kant en die Britse Ryk aan die ander kant wat tussen 11 Oktober 1899 en 31 Mei 1902 in Suider-Afrika, Swaziland ingesluit, gewoed het. Minder algemene name in omgang wat in die letterkunde gebruik word is die Engelse Oorlog en die Driejarige
- Korsika
- Korsika is 'n eilandgebied van Frankryk in die Middellandse See en 'n Région van Frankryk. Die eiland lê in Europa suidoos van Frankryk, wes van Italië en noord van Sardinië. Korsika is die vierde grootste eiland in die Middellandse See ná Sisilië, Sardinië en Siprus. Korsika beslaan 'n oppervlakte van 8 680 km². Die hoofstad en grootste stad is Ajaccio. Die amptelike tale is Korsikaans en Frans
- Eerste Wêreldoorlog
- Die Eerste Wêreldoorlog was die eerste oorlog waarby lande van die hele wêreld betrokke was. Dit het van 1914 tot 1918 tussen die Geallieerdes en die Sentrale Moondhede plaasgevind en het al die wêreld se groot moondhede betrek. As gevolg van sy sterk teenwoordigheid in die kollektiewe herinneringe van Frankryk en die Engelstalige wêreld staan dit daar steeds bekend as die Groot Oorlog
- 12de eeu
- Die 12de eeu het in die jaar 1101 'n aanvang geneem en teen die einde van die jaar 1200 ten einde geloop
- 1950
- Die jaar 1950 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 50ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad
- Groot Trek
- Die Groot Trek verwys na die massa-migrasie, vanaf die jaar 1835, van Kaapse Nederlandssprekende burghers na die Suid-Afrikaanse binneland om onder andere weg van Britse beheer af te kom. Die immigrante was afstammelinge van setlaars vanuit die westelike vasteland van Europa, veral uit Nederland, Noordwes-Duitsland en Hugenote uit Frankryk. Die Groot Trek het gelei tot die stigting van verskillende Boererepublieke vernaamlik die Natalia Republiek, die Oranje-Vrystaat en die Transvaal. Die Trek het ook