2022 Top Ten of Conflict for Health

Koorsblaar
'n Koorsblaar of herpes labialis is 'n simptoom van infeksie deur die herpesvirus, meestal Tipe 1 oftewel HSV-1
Penisillien
Penisillien is een van die belangrikste groepe antibiotikums. Dit is die eerste groep antibiotikums wat ontdek is deur Alexander Fleming in 1928 en was die eerste middel wat gewerk het teen stafilokok-infeksies en sifillis. Penisillien word gebruik om ʼn wye verskeidenheid van infeksies, insluitend longontsteking, oorinfeksies, bloedinfeksies en hartklepinfeksies te behandel. Hierdie medikasie is baie effektief, maar kan ernstige probleme veroorsaak as jy allergies daarvoor is
Kardiologie
Kardiologie is dié mediese wetenskap wat betrekking het op die hart en sy funksionering. 'n Spesialis op die gebied van kardiologie word 'n kardioloog genoem
Babelas
'n Babelas is die somtotaal van die onaangename simptome wat volg na die oormatige inname van alkoholiese dranke. Die mees algemene kenmerk van 'n babelas is 'n geweldige dors, lusteloosheid, naarheid, sensitiwiteit ten opsigte van sonlig en klank en 'n hoofpyn. Hipoglisemie, dehidrasie en 'n vitamien B12-tekort word gereken om oorsake van die simptome van 'n babelas te wees. Die tydsduur waarteen die simptome van 'n babelas hul opwagting maak na alkohol-inname is veranderlik en die duur daarvan is
Geneeskunde
Geneeskunde is die vakgebied toegespits op die bestudering van die sel-, weefsel- en orgaansisteme, asook die patologiese manifestasies. Sekondêr – sielkunde en psigiatrie. Daar word gestreef na die herstelling van die mens na 'n gesonde toestand d.m.v. diagnose, prognose en voorkoming
Tuberkulose
Tuberkulose, ook genoem TB, phthisis, en tering, is 'n algemene en dodelike infektiewe siekte. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2–3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9–10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande
Hallusinogeen
'n Hallusinogeen is 'n middel wat hallusinasies veroorsaak. Die woord hallusineer is afgelei van die Latynse woord "hallucinare", wat "ronddwaal in die gees" beteken. Dit laat mense dinge sien en hoor wat nie werklik bestaan nie. Hallusinogene is uiters gevaarlike gifstowwe wat verslawing of selfs dood kan veroorsaak
Hematologie
Hematologie is die bestudering van bloedkomponente: Wit bloedselle, Rooi bloedselle en plaatjies. Mediese laboratoriums spesialiseer in die sellulêre abnormaliteite sowel as die navorsing van verwante studierigtings
Histologie
Die histologie of weefselleer bestudeer die struktuur en funksie van lewende weefsel. Die belangrikste tegniese hulpmiddel wat in die histologie gebruik word, is die mikroskoop en die elektronmikroskoop. Voordat die weefsel mikroskopies ondersoek kan word, moet dit eers bewerk word. Met behulp van spesiale fikseer- en kleuringsmetodes is dit deesdae moontlik om selfs die fynste besonderhede waar te neem. Hoewel die terme mikroskopiese anatomie en histologie (weefselleer) dikwels sinoniem gebruik word, is
Psigiatrie
Psigiatrie is dié vertakking van geneeskunde wat bemoeid is met die wetenskap en praktyk van die behandeling van kognitiewe, emosionele, of gedragsversteurings. 'n Psigiater is gemagtig om met die bepaalde mediese opleiding medisyne aan die pasiënt voor te skryf. Daarteenoor is 'n sielkundige iemand wat in die vakgebied sielkunde bekwaam is. 'n Kliniese sielkundige is gespesialiseerd in psigoterapie, en kan nie medisyne voorskryf nie