2022 Top Ten of Conflict for Geography

Russe
Die Russe is 'n Oos-Slawiese volk van sowat 137 miljoen mense. Hulle is die grootste volk in Europa. Die meeste Russe is Russies-Ortodokse Christene of ongebonde
Israel
Israel, ook Israël, amptelik die Staat Israel, is 'n demokratiese grondwetlike republiek in die Midde-Ooste en antieke tuisland van die Jode. Dit oorvleuel gedeeltelik met Palestina, tuisland van die Palestyne. Israel word begrens deur Sirië en Libanon in die noorde, Jordanië in die ooste, Egipte in die suidweste en die Middellandse See in die weste. Die amptelike hoofstad is Jerusalem, die setel van die presidentswoning, regeringskantore, hooggeregshof en die parlement (Knesset). Die sentrum van
Mayotte
Mayotte is 'n eiland en oorsese département van Frankryk aan die noordelike punt van die Mosambiekkanaal in die Indiese Oseaan, tussen noordelike Madagaskar en noordelike Mosambiek, met 'n oppervlak van 374 vierkante kilometer en 'n bevolking van 212 645. Die gebied is geografies deel van die Comore-eilande, maar nie polities nie. Dit staan ook as Mahoré bekend, veral onder voorstaanders vir die insluiting daarvan in die Unie van Comore
Doebai Internasionale Lughawe
Doebai Internasionale Lughawe is die primêre internasionale lughawe wat Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate bedien, en die wêreld se besigste lughawe volgens internasionale passasiersverkeer, een van die besigste vraglughawens ter wêreld, die besigste lughawe vir Airbus A380- en Boeing 777-bewegings, en die lughawe met die hoogste gemiddelde aantal passasiers per vlug. In 2018 het DXB 89 miljoen passasiers en 2,65 miljoen ton vrag hanteer en 409 493 vliegtuigbewegings geregistreer
Rusland
Rusland, amptelik die Russiese Federasie, is 'n land wat gedeeltelik in Europa en gedeeltelik in Asië lê. Die land lê egter vanuit 'n politieke oogpunt in Europa omdat die belangrikste deel, ook die hoofstad, Moskou, Europees is en sowat 70 persent van die bevolking daar woon
Singapoer
Singapoer, amptelik die Republiek Singapoer, is die kleinste land in Suidoos-Asië met 'n oppervlakte van 728 vierkante kilometer en 'n bevolking van 5,7 miljoen in 2019. Singapoer is 'n eiland- en stadstaat wat behalwe vir die hoofeiland Singapoer uit 63 kleiner eilande bestaan. Met sy strategiese ligging het Singapoer reeds vir die Britte as 'n belangrike seehawe gedien waarvandaan hulle die Straat van Malakka kon oorheers
Japan
Japan is 'n eilandnasie in Oos-Asië. Dit is geleë tussen die Stille Oseaan en die See van Japan, oos van die Koreaanse Skiereiland, China en Rusland, en strek van die See van Ochotsk in die noordooste tot by die Oos-Chinese See in die suidweste. Die karakters waaruit Japan se naam bestaan beteken "son-oorsprong" wat aanleiding gee tot die naam "land van die opkomende son", en wat verwys na Japan se oostelike posisie relatief tot die Asiatiese vasteland
Engels
Engels is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal, met omtrent 335 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk
Ethiopië
Ethiopië of Etiopië, amptelik die Federale Demokratiese Republiek Ethiopië, is 'n landingeslote land in Oos-Afrika in die Horing van Afrika. Ethiopië grens in die noorde aan Eritrea, in die ooste aan Djiboeti en Somalië, in die suide aan Kenia en in die weste aan Soedan en Suid-Soedan. Die land beslaan 'n oppervlakte van 1 104 300 km² en het in 2021 'n bevolking van meer as 117 miljoen gehad. Die hoofstad en grootste stad is Addis Abeba, wat sentraal in Ethiopië geleë is
Iran
Iran, amptelik die Islamitiese Republiek Iran, is 'n land in die Midde-Ooste, wat deur Azerbeidjan, Armenië en Turkmenistan in die noorde, Pakistan en Afghanistan in die ooste en Turkye en Irak (Koerdistan) in die weste begrens word. Die land het vroeër in die Westerse lande as Persië bekendgestaan